Artikelbron: Morning Star News
In die ooste van Uganda is ‘n pastoor in die hospitaal opgeneem nadat hy deur woedende Moslems met klippe bestook en bewusteloos geslaan is. Hy het glo by ‘n begrafnis van die opstanding van Jesus Christus getuig, berig Morning Star News.
Pastoor Davidson Okirori (39) het ‘n begrafnis vir een van sy eie kerklede in die dorpie Kyogo, Oos-Uganda, gelei. Die oorledene was ‘n 34-jarige man wat in ‘n ongeluk gesterf het. Hy het onlangs van Islam na die Christendom bekeer en by die Kerk van Okirori aangesluit. Beide Moslems en Christene het die begrafnis bygewoon. Die prediker het besluit om van die opstanding van Jesus Christus te getuig en het beide die Bybel en die Koran tydens sy toespraak gebruik.
“Ek wou wys dat Jesus as die Seun van God uniek is omdat Hy uit die dood opgestaan het, terwyl Mohammed net ‘n profeet van Allah was en nie uit die dood opgestaan het nie,” sê die prediker uit sy hospitaalbed, volgens die medium. “Ek het gedink dit is ‘n goeie tyd om te getuig van die liefde van Christus vir alle Moslems wat die begrafnis bygewoon het.”
Sy woorde is egter alles behalwe deur die aanwesige Moslems waardeer en hulle het dit as godslasterlik beskou. Die mikrofoon is by hom afgeneem en sy Bybel opgeskeur.
“In ‘n stadium het ‘n klip my kop getref en ek het geval,” het die pastoor gesê. “’n Moslem het op my gespring en my met ‘n voorwerp geslaan. Verder onthou ek niks nie en het vol bloed in die hospitaal wakker geword.”
Okirori herstel steeds van die wonde wat hy oor sy hele liggaam opgedoen het.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 07/08/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.