Geskryf deur: Luca Uitgewers Artikelbron: Artikel verskaf 

Grietjie se loutering, ’n aangrypende geestelike roman deur die 2010 Jan Rabie Rapport-pryswenner Bettina Wyngaard, hou die wel en weë van die weduwee en enkelma, Grietjie Cupido, aan die leser voor.

As skoonmaker werk Grietjie elke dag van die week vir ’n ander werkgewer op Grabouw. Sy ken haar plek en doen haar werk na die beste van haar vermoë. Haar geloof is sterk, al is haar werksomstandighede soms uitdagend en die betaling maar skraps. Oor die algemeen is haar werkgewers innemende en redelike mense, maar by een huis word sy baie sleg behandel. Sy laat haar egter nie sommer onderkry nie, maar vind haar krag in die Here en in haar ondersteuningsnetwerk wat uit onder andere haar jare lange bure, Maggie en Wollie, bestaan.

Grietjie is veral baie trots op haar twee kinders, die vreugde in haar lewe. Lienkie, ’n uitgesproke en ambisieuse vuurvreter, werk in ’n fabriek. Heinie, nog op skool, maak meteoriese opgang as rugbyspeler. Wanneer hy vir ’n provinsiale rugbyspan gewerf word, word hy oornag ’n ster en kry ’n heldeontvangs in sy tuisdorp. Meteens lyk die gesin se toekoms besonder rooskleurig. Is hulle dae van raap en skraap om te oorleef uiteindelik verby? Durf hulle hoop op beter dae?

Maar dan tref ’n onverwagse tragedie die gesin wat Grietjie laat steier. Hoe sal sy ooit daaroor kan kom en maar net weer aangaan met haar lewe asof niks gebeur het nie? Meer belangrik, hoe behou sy haar geloof? En hoe vergewe sy?

Hierdie aangrypende verhaal se sjarme lê in die bedrieglike eenvoud daarvan. Tog raak dit belangrike kwessies soos onder meer geloof, moederskap, vriendskap, vergifnis, armoede, onreg, uitbuiting en seksuele teistering aan. Die karakters bly jou by lank nadat jy die boek neergesit het, en jy vang jouself dat jy aan Grietjie dink en wonder hoe dit met haar gaan.

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer, aktivis en regsgeleerde.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 07/08/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here