Geskryf deur: Christ for all Nations
Artikelbron: JUIG! Tydskrif 

In Augustus en September was evangelis Randy Roberts die hoofevangelis vir twee Evangelieveldtogte saam met Christ for all Nations (CfaN) in Luanda, Angola. Ek was ’n mentor vir Randy en het hom opgelei. Hy is ’n Bootcamp-gegradueerde en het by talle CfaN-Evangelieveldtogte gepreek. Peter Vandenberg (CfaN se visepresident) het in Angola by hom aangesluit om plaaslike pastore en kerkleiers te bedien tydens die Fire-konferensies wat saam met die Evangelieveldtogte aangebied is.

Joaquim, ’n 55-jarige man, was meer as 30 jaar lank aan sigarette verslaaf. Hy kon nie ’n halfuur lank hou sonder om ’n sigaret te rook nie. Hy het Donderdagaand na die veldtog gekom en nadat ons gebid het, is hy bevry van die begeerte om te rook. Hy het Saterdag getuig hy het sedert daardie aan nie weer gerook het nie.

103 110 gedokumenteerde bekerings
Peter het getuig: “Ons het twee Evangelieveldtogte gehou omdat hierdie wyd uitgespreide stad twee hoëdigtheid-woongebiede het, letterlik aan teenoorgestelde kante van die stad. Daar was honderdduisende mense in elk van hierdie gebiede, maar weens geografiese en ekonomiese faktore kon die mense van die twee gebiede nie ver reis om een sentrale veldtog by te woon nie. Dus het ons die veldtogte na hulle toe geneem in plaas daarvan dat hulle ver moes reis.

“Pastore en biskoppe het herhaaldelik vir ons gesê dat hulle nog nooit so iets in hulle lewens gesien het nie. Almal was diep geraak dat ons na hulle toe gekom het omdat, soos hulle dit gestel het, ‘niemand ooit kom om ons te help nie’. Tydens die twee veldtogte het ons 103 110 bekerings gedokumenteer van mense wat besluit het om Jesus te volg. Deur ons opvolgstelsel is hierdie nuwe gelowiges na honderde deelnemende kerke gekanaliseer.”

José is onlangs uit die tronk vrygelaat en is deur sy familie en vriende verstoot. Hy was so wanhopig dat hy sy laaste geld gebruik het om gif te koop waarmee hy homself om die lewe wou bring. Jy kon ’n speld hoor val toe hy beskryf hoe hy met die winkelier onderhandel het sodat hy die gif kon bekostig waarmee hy sy lewe wou beëindig. Daar het egter iets eienaardig gebeur op pad om die gif te eet en te “gaan slaap”. Hy het ons veldtogbanier gesien wat oor die pad gehang het. Hy het gedink hy sou dit bywoon voordat hy daarna selfdood sou gaan pleeg. Hy het na die boodskap geluister, maar nie die bekeringsgebed gebid nie.

Toe het ons die dromme vol toorgoed aan die brand gesteek en ek het die duiwel en elke vuil demoon bestraf. Terwyl ek daarmee besig was, het hy gevoel hoe die swaarmoedigheid soos ’n dik kombers van hom af lig. Hy wou homself nie meer om die lewe bring nie. In plaas daarvan wou hy die gif verbrand wat bedoel was om sy lewe te beëindig. Die skare het gejubel toe hy ons vertel hoe Jesus sy lewe gered het. Hy het toe ’n besluit geneem wat belangriker was as om die gif te verbrand – hy het Jesus sy Here en Verlosser gemaak!

Die CfaN-span het die reusetaak gehad om tussen die twee veldgtogte die klankstelsel, verhoog en ligte binne net drie dae uitmekaar te haal, op te laai, af te laai en weer op te stel.

Adelina was weens ’n beroerte drie jaar gelede van haar skouer af aan die regterkant van haar liggaam verlam. Ná die genesingsgebed het sy saam met my op die verhoog kom dans. Sy was onbewus van die veldtog tot haar suster haar gebel en vir haar gesê het sy moet dit bywoon.

André het sedert 2017 ’n groot gewas onder sy regterarm en in sy borskas gehad. ’n Vriend het hom van die veldtogte vertel en dat God mense daar genees. André het dit afgelag, maar ingestem om in elk geval te gaan. Hy het opgedaag net toe ek vir die siekes begin bid het. Toe hy die stuk veld betree, het hy gevoel hoe die druk in sy borskas verdwyn. Hy was geskok toe hy onder sy arm voel en ontdek dat die bofbalgroottegewas wat ses jaar lank daar was, verdwyn het.

Milena het jare lank ’n gewas in haar keel gehad. Haar vriendin het haar vertel dat God mense by campo de FAPA (FAPA-veld) genees en dat sy moet saamkom. Milena was huiwerig, maar het ingestem om te gaan. Hoewel haar vriendin later gekanselleer het, het Milena besluit om alleen te gaan. Prys die Here! Want die aarbei-groottegewas het in ’n oogwink verdwyn. Sy het trane van blydskap gehuil toe sy vir ons vertel wat Jesus vir haar gedoen het.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 11/11/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here