Artikelbron: breakingchristiannews.com

Donald Trump het ’n reuse-oorwinning in die eerste Republikeinse voorverkiesings in Amerika behaal. Hy het nie minder nie as 51% van die stemme in die staat Iowa gekry. Dit is opvallend dat die oudpresident in sy veldtog bewustelik op Christene gefokus het.

Trump se veldtogvideo, “God made Trump”, is op Truth Social, Trump se eie sosialemedia-platform, gedeel.

Die bykans drie minute lange video wys dat God kyk na die paradys wat hy pas geskep het en tot die gevolgtrekking kom dat Hy ’n toesighouer nodig het, “So God gave us Trump”. Die res van die video is ook vol verwysings na die Bybel en Christenskap.

Die video is nie heeltemal entoesiasties ontvang nie. Talle Christene het hulle kritiek uitgespreek. Onder hulle was pastoor Michael Demastus: “Trump is nie ons redder nie,” het hy duidelik gemaak. “Ons toewyding is aan Jesus, nie aan die Republikeinse Party of Donald Trump nie.”

Tog het baie Christene nietemin vir Trump gestem. Meningspeilings het getoon dat hy meer as die helfte van Christen-kiesers se steun geniet. Met die reuse-oorwinning in Iowa is die kanse groot dat hy weer ’n kans sal kry om as president van Amerika verkies te word.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 17/01/2024
Foto slegs ter illustrasie: wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here