Geskryf deur: Devoted Tydskrif
Artikelbron: Artikel verskaf 

“Jesus the Crucified” (Jesus die Gekruisigde) is ’n musiekdrama wat deur die Pro Patria Museum
(NPC) aangebied word. Dit vind plaas op 28 en 29 Februarie asook op 2 Maart by die Moreleta Kerk-ouditorium in Pretoria. Dit beeld die kruisiging van Jesus Christus uit soos opgeteken in die
evangelies van die Bybel. Die doel van die musiekblyspel is om fondse vir die museum in te samel.
Die musiekblyspel begin met die Laaste Avondmaal, gevolg deur Jesus se versoek in die tuin van
Getsemane dat die lydensbeker van Hom weggeneem word. Sy geseling en die bespotting van die
Romeinse soldate volg op sy beproewinge voor Josef Kajafas, Herodes Antipas en Pontius Pilatus. Hy
neem sy kruis op en die optog bereik die top van Golgota, waar die kruisiging plaasvind in ’n
uitbeelding van die drama soos gevind in die Evangelies.

Die Tshwane Gospel Choir is betrokke by die musiekdrama en die bekende Nymf Kellerman is die
regisseur. Sy belowe dat dit ’n passievolle toneelstuk met ’n verskil is wat vir lank onthou sal word.
Tom Moodie, een van die drie direkteure van die Pro Patria Museum, is die vervaardiger van hierdie
produksie. Hy is intens betrokke by die vervaardiging van Jesus die Gekruisigde en het gesê: “Dit is ’n
voorreg om te sien dat soveel jong talent ontwikkel word.”


Tom Moodie

Nymf Kellerman
Nymf Kellerman is sedert die begin van die 80’s as sangeres en aktrise betrokke in die uitvoerende
kunste. Sy het drama en opera studeer aan die Universiteit van Suid-Afrika en die Akademie vir
Dramakuns in Kaapstad waar sy haar lisensiaat in dramakuns verwerf het. Sy is as formele sangeres
opgelei onder verskeie bekende vokale adviseurs soos die internasionaal-bekende Fred Dalberg
(Nico Malan Operahuis, Kaapstad), Sarie Lamprecht (SABC Johannesburg), en die internasionaal
bekende George Fourie (PACT Pretoria). Sy het haar meestersklasse in opera in Londen by die
wêreldbekende Dame Vera Roza Nordell (Covent Garden Opera House London) gedoen. Nadat sy
haar meestersklasse voltooi het, het sy in Londen gebly om te werk en in verskeie voordragte op te
tree. Met haar terugkeer na Suid-Afrika, het sy by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie aangesluit
en in verskeie musiekblyspele, programme en in die vervaardiging van musiekvideo’s opgetree. Sy is
betrokke by vaardigheidsontwikkelingsprojekte in die Uitvoerende Kunste. Nymf is ook die regisseur
van “Bloedrivier tot Bosoorlog”, die toneelstuk van die Pro Patria museum by die
Voortrekkermonument tydens die “Gelofteweek” in Desember.


Nymf Kellerman

Die Museum
Die Pro Patria Museum is geleë by die Voortrekkermonument. Dit het ten doel om die historiese rol
wat die Suid-Afrikaanse magte gespeel het, te vereer en te erken. Ook om ’n veilige en vreedsame
omgewing te skep vir ’n ordelike politieke oorgang om huidige en toekomstige geslagte oor hierdie
rol in te lig. Dit wil ook nageslagte inlig oor hierdie stukkie geskiedenis vir die behoud daarvan.
Kaartjies is beskikbaar by iTickets asook die museum se webwerf: www.propatriamuseum.org.za

 

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 17/01/2024
Foto’s verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here