Artikelbron: Artikel verskaf
Die vierde seisoen van die internasionale TV-trefferreeks open amptelik met eksklusiewe vertonings by NuMetro-rolprentteaters tydens Paasnaweek.

Die internasionale trefferreeks The Chosen is ’n innoverende historiese drama gebaseer op die lewe van Jesus, soos gesien deur die oë van die wat hom geken het. Die reeks, wat wêreldwyd ongekende aanhang geniet, debuteer hierdie Paasnaweek in rolprentteaters met die eerste twee episodes van die vierde seisoen. Dit word landswyd eksklusief in NuMetro-rolprentteaters vertoon, en aanhangers kan uitsien na ’n onvergeetlike openingsaand op Donderdag 28 Maart.
Die slot-episode van The Chosen se derde seisoen was propvol drama en opwinding. Jesus het op ’n wonderbaarlike manier ’n skare mense kos gegee. Hy het op die water geloop en ’n woeste storm laat bedaar. Met soveel epiese opwinding sou ’n mens ’n rustiger vierde seisoen van The Chosen verwag. Maar hierdie seisoen is inderwaarheid die stormagtigste van almal, want Jesus se bekendheid en gewildheid trek die aandag van die politieke en godsdienstige elite en hulle beskou Hom as ’n vyand. Terwyl sy vyande die net al nouer om hom span, sukkel sy volgelinge om by te hou, wat veroorsaak dat Jesus uiteindelik sy las alleen moet dra.

Net soos in vorige seisoene, word die rol van Jesus weer vertolk deur Jonathan Roumie. Die verhaal speel af teen die agtergrond van die Romeinse onderdrukking van Israel in die eerste eeu ná Christus en bied die kyker ’n geloofwaardige en intieme blik op Jesus se revolusionêre lewe en leringe. Die implikasies van Jesus se radikale boodskap hou aan insink by sy volgelinge terwyl hulle steeds sukkel om hulle rol te verstaan. Hy en sy volgelinge kom voor hul grootste toets nog te staan. Lojaliteit en geloof word getoets, en die spanning kook oor.

Jesus word toenemend geïsoleer namate die druk van die hoogste politieke en godsdienstige owerhede toeneem. ’n Belangrike oorkoepelende tema is dié van lig teenoor duisternis – gehore sal beleef hoe vreugde groei uit rou, hoe hoop ontspring uit hartseer en die lewe uit die dood.

Karakters waarmee kykers kan identifiseer en relevante storielyne maak van The Chosen een van die mees gekykte reeks wêreldwyd, en ’n gereelde top-presteerder op verskeie internasionale stromingsplatforms. Die televisiereeks het gegroei van ’n skarefinansieringsprojek tot die wêreld se nommer-een-skarefinansieringsreeks vir televisie tot op hede, met kykertalle wat reeds 200 miljoen oortref.
Klik hier vir ’n NuMetro-teater waar The Chosen vertoon word, of om jou plek te bespreek: numetro.co.za of besoek www.gravelroadafrica.com
NuMetro-rolprentteaters waar The Chosen bekendgestel sal word:
Gauteng: Clearwater Mall, Hyde Park Centre, Menlyn Park, The Glen, The Strip (Welkom) Westgate, Woodlands
KwaZulu-Natal: Ballito Junction, Cornubia Mall, Galleria, Pavilion
Oos-Kaap: Boardwalk Casino
Wes-Kaap: Canal Walk
Noordwes: Masingita Mall
Vrystaat: Loch Logan
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 18/03/2024
Foto’s verskaf
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








