Artikelbron: Artikel verskaf

Dit is met groot blydskap en dankbaarheid dat ons NUWE LOF bekendstel.  Goeie nuus vir Afrikaanssprekende gelowiges oral oor die wêreld!

Nuwe Lof is ’n inisiatief deur Afrikaanse lof- en aanbiddingsleiers, liedjieskrywers, komponiste, moderators en sameroepers om skrifgetroue, Gees-geïnspireerde en maklik singbare Afrikaanse lof- en aanbiddingsliedere te skryf, te produseer en wêreldwyd beskikbaar te stel vir Afrikaanse geloofsgroepe.

Wat en wie is Nuwe Lof?
Lank reeds het Retief Burger en Louis Brittz gesit en gesels oor nuwe aanbiddingsmusiek vir Afrikaanssprekende gelowiges. Musiek uit die pen en harte van NOU se aanbiddingsleiers van ons land. Maar die doel is om kerke en groepe te bemagtig om hierdie liedjies saam te kan sing en aan hul groepe bekend te stel.

’n Groot groep liedjieskrywers het tydens die eerste rondte deelgeneem aan die inisiatief, onder andere: Louis Brittz, Anique Jordaan, Franco Gagiano, Ferreira Marais, Jattie de Beer, Leza Liversage (van Pletsen), Deon Meiring, Neil Büchner, Retief Burger, Christelle Combrink, Gerrit van Vuuren (Stass van Onbeskaamd), Rene & Gillaume  Louw, Helmut Meijer en Hennie Maritz.  Ander Afrikaanse komponiste van aanbiddingsmusiek sal voortaan uitgenooi word om hulle by hierdie groep aan te sluit om die inhoud uit te brei. “Ons glo dat elke generasie ’n nuwe lied het wat in sy moedertaal na God se troon moet opstyg” sê Louis, “Ons vul mekaar aan, voltooi mekaar se sinne en maak saam seker dat die liedjies vir gemeentegebruik geskik is.”

Hoe werk Nuwe Lof?
“Elke lied wat ons beskikbaar stel, moet ook maklik in gemeentes begelei kan word” merk Retief op “daarom is hulpmiddele geskep soos akkoorde (“chordsheets”), melodielynbladmusiek (“leadsheets”), lirieke, video’s en begeleidingsnitte (“tracks”) om gemeentes te help met die sing en speel daarvan.”  En al hierdie word van ons webtuiste www.Nuwelof.co.za afgelaai.  Al die liedere is egter ook op digitale platforms beskikbaar om afgelaai of gestroom te word.

Die plan is om voortdurend inhoud en hulpmiddels te ontwikkel soos fondse beskikbaar word. Nuwe Lof is ’n organisasie sonder winsbejag en kostes word tans deur donateurs gedra.  Begeleidingsnitte (“tracks”) word teen ’n nominale fooi op die webtuiste verkoop om toekomstige opnames te finansier. Borgskappe sal verwelkom word om die voortbestaan van Afrikaanse lof en aanbidding te help uitbou. Persone wat betrokke wil raak as bedieningsvennote van Nuwe Lof kan gerus kontak maak deur info@nuwelof.co.za  te gebruik

 Wat word nou uitgereik:
Tien liedere word tans uitgereik, almal as enkelsnitte.  Ons wil graag drie aan jou voorhou, maar gaan jou toegang gee tot almal.  Nuwe Lof se liedere word dan ook deur verskillende kunstenaars gesing.  Op hierdie eerste uitreik hoor jy Retief Burger, Stella, Louis Britz, Stass, Rene en Gillaume, Neil Buchner en Liza Liversage.  Tussen die tien is dalk jou gunsteling en ons vra dat jy na die volledige album luister.

Ons wil graag dat jy luister na (aanbiddingsliedere) Rene & Gillaume se “Ons bring aanbidding”; Neil Buchner se “Want so lief”; Retief se “So is die Here”, maar ook (prysliedere) Stass se “My God by my” en Retief se “Aanhou sing”

Soos jy sien, dit is moeilik om te kies. Maak dus gerus jou eie keuse uit die lys van tien baie goeie nuwe liedere deur hierdie baie bekende en begaafde kunstenaars.

Luister na een van die liedjies hier:

Volg Nuwe Lof op
Facebook: facebook.com
Instagram: Nuwe Lof (@nuwelof) • Instagram photos and videos
YouTube: youtube.com

 

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 18/03/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here