Artikelbron: JUIG! Tydskrif

God het ’n paar keer in die Bybel deur duidelike tekens gepraat, byvoorbeeld die tien plae of die skrif aan die muur. Dit is egter nie net in die Bybel dat God so duidelik gepraat het nie. Die Amerikaanse outeur en Messiaanse Joodse pastoor, Jonathan Cahn, wys op twee tekens wat onlangs duidelike boodskappe van God gekommunikeer het.

PROFETIESE WAARSKUWING AAN POUS FRANCIS!

Die pous het onlangs ’n verordening uitgevaardig dat die Rooms-Katolieke Kerk nou gay paartjies mag “seën”. Dit is ongehoord in die geskiedenis van die Roomse Kerk en Westerse Christendom. Het God daarna deur ’n standbeeld ’n boodskap gestuur? Dit sou nie die eerste keer wees nie. Toe die Filistyne die ark van God in Dagon se tempel plaas, is die standbeeld twee keer op die vloer voor die ark aangetref. Die tweede keer is die kop en hande afgebreek (1 Sam 5:4), ’n teken van God se toorn en sy oordeel.

Reeks verstommende ‘toevallighede’
Vir Rooms-Katolieke verteenwoordig die pous die amp van die apostel Petrus. Is dit blote toe-val dat weerlig ’n standbeeld van Petrus getref het op die dag wat die Vatikaan voorberei het om daardie verordening op 18 Desember 2023 uit te vaardig? Is dit toeval dat die standbeeld op 17 Desember (pous Francis se verjaarsdag) getref is, in Argentinië (die land van die pous se herkoms), in die provinsie van Buenos Aires (sy bisdom voordat hy die pous geword het), in die hoofstad Buenos Aires (waar die pous gebore is, grootgeword het en ook die aartsbiskop was)?

Totaal vernietig
Dit is ’n reeks verstommende “toevallig-hede” wat direk op die huidige pous dui! Nie elke weerligstraal is ’n oordeel nie. Hierdie een tref die standbeeld egter ondanks die weerligafleiers om dit te beskerm en dit tref die sleutel van God se koninkryk in Petrus se hand – die simbool van gesag. Die sleutel is totaal vernietig, ’n teken dat alle geestelike gesag verwyder is. (Die stralekrans, ’n simbool van heiligheid, is in September 2018 vernietig.)

Turkse politikus sterf nadat hy Israel vervloek
God belowe Abraham (en die Joodse nasie): “Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek” (Gen 12:3). Onlangs het ’n lid van die Turkse parlement, Hasan Bitmez (54), Israel in sy toespraak vervloek: “Jy sal nie van ’n skuldige gewete ontslae kan raak nie. Selfs al sou jy van die skuldige gewete ontslae raak, sal jy nie teistering van die geskiedenis vryspring nie. Selfs al sou jy teistering van die geskiedenis vryspring, sal jy nie die toorn van God (Allah) kan vryspring nie…” Direk daarna het hy neergeslaan as gevogl van ’n hartaanval en is twee dae later oorlede.

Kyk die video hier

Sê jou sê: info@juig.co.za
Wat is jou mening oor hierdie gebeure?

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 17/03/2024
Foto: LINKS: Die standbeeld voordat die weerlig dit getref het. REGS: Die standbeeld nadat dit raakgeslaan is.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here