Saamgestel deur: JUIG! Tydskrif
The Chosen se vierde seisoen word hierdie Paasnaweek eksklusief by NuMetro-teaters in Suid-Afrikaanse teaters vertoon.
The Chosen, is ’n baanbrekende historiese drama gegrond op die lewe van Jesus, gesien deur die oë van dié wat Hom geken het. Hierdie Paasnaweek maak hierdie reeks sy rolprentdebuut, met die eerste twee episodes van die vierde seisoen, wat op Donderdag 28 Maart eksklusief by NuMetro-teaters landwyd begin vertoon en bied aan aanhangers die teatergeleentheid waarvoor hulle gewag het.
Om ’n NuMetro-teater te vind waar The Chosen vertoon word of om te bespreek, gaan na numetro.co.za/movie/6504/ of gaan na gravelroadafrica.com/the-chosen.
The Chosen is ’n geskiedkundige drama gegrond op Jesus se lewe en diegene wat Hom geken het. Teen die agtergrond van Romeinse onderdrukking in die eerste-eeuse Israel, bied die reeks ’n outentieke blik op Jesus se revolusionêre lewe en leringe.
Judas uit ’n toneel van The Chosen
Botsende koninkryke. Mededingende heersers. Die vyande van Jesus trek die strop al nouer terwyl sy volgelinge sukkel om by te hou en Hom laat om die las alleen te dra. Weens die bedreiging wat Jesus se groeiende invloed vir hulle inhou, doen godsdiensleiers die ondenkbare — hulle maak ’n bondgenoot van hulle Romeinse onderdrukkers. Met die saad van verraad wat geplant word en teenkanting teen Jesus se boodskap gewelddadig word, moedig Hy sy dissipels aan om sterk te staan.
As die hoogste skarebefondsde televisiereeks ooit, het die totale kykergetalle 400 miljoen oorskry oor alle episodes. Kritici en aanhangers het die historiese en Bybelse akkuraatheid, speelse gees, opwindende drama, opregte humor en uitwerking wat dit het, geloof. The Chosen seisoen 4 kom vir die eerste keer ooit na die grootskerm, met die première van episodes 1 en 2 op 28 Maart by ‘n teater naby jou.
Baie geliefd vir sy karakters waarmee mense hulleself kan vereenselwig asook relevante storielyne, is The Chosen een van die mees gekykte programme wêreldwyd en konsekwent ’n toppresteerder oor verskeie stroomplatforms heen. Wat begin het as ’n skarebefondsde projek, het die wêreld se nommer 1-skarebefondsde televisiereeks van alle tye geword.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 28/03/2024
Foto’s verskaf
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.