Geskryf deur: Geopende Deure SA
Artikelbron: 
www.opendoors.org.za

Op 21 Maart, is Menseregtedag in Suid-Afrika gevier. ’n Dag waarop ons die opofferings onthou wat gemaak is om demokrasie te bewerkstellig.

Op hierdie dag het baie mense in ons land besin oor ons menseregtevordering. Een van hierdie regte is die vryheid van godsdiens, oortuiging en opinie, wat ons gelukkig is om in ons land te kan uitoefen. Dit is nie dieselfde in ander dele van ons vasteland nie.

In baie lande op die Wêreldwaarnemingslys (WWL) word Christene vir hul geloof geteiken. Hulle word vervolg, teen gediskrimineer en geviktimiseer omdat hulle kies om Christus te volg. Dit lei tot gewelddadige gedrag teen Christene in sommige nasies en meer subtiel in ander lande, ingeweef in wette, onderwys en werk.

Sommige van hierdie lande is in Afrika soos Nigerië (#6 op die WWL) wat onder die tien mees gewelddadige lande vir Christene is asook Burkina Faso (#20 op die WWL).

Met Paasfees is dit ʼn te algemene storie: ’n Aanval teen God se mense op een van die belangrikste feesdae vir Christene. Dít is wat weer verlede Kersfees gebeur het – meer as 200 mense het hul lewens verloor in ’n reeks wrede aanvalle teen dorpies met Christen-meerderhede in Nigerië.

So onlangs as Februarie het militante drie dorpies in die noorde van Sentraal-Burkina Faso aangeval en 170 mense doodgemaak. Dit het gebeur net dae ná ’n aanval op ʼn kerk in die dorpie Essakane waar 15 Christene vermoor is.

Ons sien herhaaldelik hoe weerlose Christene wat aangeval word sonder dat hulle hoegenaamd sulke wrede gedrag uitgelok het,” sê Jo Newhouse, Geopende Deure se woordvoerder vir werksaamhede in die lande suid van die Sahara.

Die Kerk in lande suid van die Sahara is onder wrede aanslag. Ons moet bid vir ons familie in Christus in hierdie streek.

Bid:

  • Bid vir krag en deursettingsvermoë vir die honderde families wat elke dag deur hierdie aanvalle geraak word.

  • Bid vir bemoediging en voorsiening vir diegene wat weens hierdie aanvalle moes vlug.

  • Bid dat die Here in die steeds groeiende behoeftes van hierdie vlugtelinge in die gasheergemeenskappe sal voorsien.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 28/03/2024
Foto: opendoors.org.za

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here