Artikelbron: cvandaag.nl
Al hoe meer word bekend oor die gru-aanval in Moskou wat tot die dood van meer as 130 mense gelei het. Die feit dat die radikale Islamitiese aanvallers spesifiek Christene en die Christendom geteiken het, bly egter uit die kollig. Terrorismekenner Beatrice de Graaf van Nederland het dit Maandagaand in ’n geselsprogram Op1 genoem, berig die Nederlandse nuuswebwerf cvandaag.
Tot dusver was daar min verwysings na ’n geteikende aanval op die Christendom in die media. Dit is opvallend, aangesien die Islamitiese Staat (IS), wat verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar het, self daaroor gepraat het. IS het in ’n verklaring gesê hy het “’n groot byeenkoms van Christene” aangeval. (Daar moet egter op gelet word dat Moslem-terroriste die hele Weste as Christelik beskou.)
Volgens die berig is De Graaf van mening dat die aanval ’n waarskuwing is vir alle Christene en nie net vir Rusland nie. “Verlede Kersfees het die Duitse en Oostenrykse polisie aanvalle op kerke in Keulen en Wene gefnuik. ’n Groot aantal teikens is Christelik,” het sy onder meer gesê.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 27/03/2024
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.