Geskryf deur: Lig in Duisternis uitgewers
Artikelbron: liginduisternis.co.za 

Lig in Duisternis Uitgewers se nuutste publikasie, Die Uitgeskeurde Bybelblad, beloof om lesers mee te sleur in die aangrypende verhaal van geloofsvervolging in Nederland gedurende die Kerkhervorming. Die boek is geskryf deur Geoffrey Tillotson en in Afrikaans vertaal deur PK Albertyn.

Hierdie historiese roman, wat in die stad Rotterdam afspeel, is gepas vir jong lesers van 13 jaar en ouer, maar volwasse lesers sal die storielyn met sy intriges en die hoofkarakters se stryd om hul geloof openlik te kan bely, ook terdeë geniet.

Ernst Veldenaar en Elizabeth van Linschoten se verhaal begin in Rotterdam, toe ’n vrou ter wille van haar Protestantse geloof ter dood veroordeel word. Haar enigste misdaad was dat sy volgens haar gewete en die Woord van God, Jesus Christus as haar enigste Middelaar en Saligmaker bely het.

’n Uitgeskeurde Bybelblad uit die eerste sendbrief van die apostel Johannes, sou op wonderbaarlike wyse ’n groot rol in Ernst en Elizabeth se lewens speel.

Die skrywer gee lewe aan ’n storie wat meer as net ’n versameling woorde is – dit is ’n viering van die menslike gees, ’n lofprysing van die krag van liefde en geloof, en ’n herinnering aan die onbreekbare wil van die menslike hart om vry te wees.

Die Uitgeskeurde Bybelblad is nou beskikbaar, en ook as e-boek op Amazon.

Deel graag met jou vriende!

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 27/03/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here