Artikelbron: catholicnewsagency.com

Ná maande van vertraging en ’n regsdispuut, het die eerste episode van The Chosen, seisoen vier, Maandag 3 Junie op die Chosen-toepassing verskyn.

“Die wag is uiteindelik verby. Die reaksie van diegene wat seisoen vier in teaters gesien het, was dat dit ons beste seisoen is, dus kan ek nie wag om hierdie episodes gratis en maklik aan die wêreld te lewer nie,” het Dallas Jenkins, die skepper, vervaardiger en regisseur van die gewilde TV-reeks oor Jesus se lewe, in ‘n persverklaring, gesê.

Jenkins het vroeg in Maart die eerste keer aangekondig dat seisoen vier nie gestroom sal kan word nie en het ’n regsaangeleenthede as rede vir die vertraging aangevoer. Die seisoen is in Maart in teaters in Suid-Afrika vertoon.

The Chosen sal gedurende die maand van Junie op Sondae en Donderdae twee nuwe episodes per week op die toep uitreik.

Die regsdispuut agter die vertraging was tussen The Chosen LLC, ’n maatskappy wat nou 65 voltydse werknemers het, en sy eenmalige vennoot Angel Studios, ’n mediamaatskappy in Provo, Utah. Hul vennootskapskontrak is vandeesweek met die hulp van ’n derdeparty-arbiter beëindig.

Altesaam sewe seisoene word verwag, en The Chosen verfilm tans seisoen vyf.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 06/06/2024
Foto: The Chosen/Mike Kubeisy

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here