Deur Solidariteit Helpende Hand
Artikelbron: Artikel verskaf

Solidariteit Helpende Hand vier vanjaar Kinderbeskermingsweek met die amptelike bekendstelling van die Helpende Hand Ons Plek StapSaam-fonds. Hierdie nuwe inisiatief is aangekondig om ‘n blink toekoms vir Afrikaanse kinders te verseker en terselfdertyd die tiende bestaansjaar van die Ons Plek-kleuterskole en -naskoolsentrums te vier.

Die StapSaam-fonds is in die lewe geroep om die nodige finansiële steun te bied aan die Ons Plekke se landswye netwerk gemeenskapsentrums wat opvoedkundige uitnemendheid en holistiese ontwikkeling vir kinders bevorder. Dit stel donateurs in staat om ‘n kind se skoolgeld per maand te borg of tot die algemene bedryfskostes van ‘n sekere Ons Plek by te dra.

“Ons het ‘n teiken van R1 miljoen wat ons voor 11 Oktober moet bereik wanneer ons amptelik Ons Plek se 10 jaar bestaan vier! Elke Ons Plek samel sy eie fondse in, hetsy deur donateurs, besighede of takke wat bydrae of fondsinsamelingsprojekte. Elkeen se teiken is R100 000,” sê Suzette Oosthuizen, Helpende Hand se hoof van sentrums en nasionale strukture.

Oosthuizen sê die eerste R10 000 is reeds vanaf die Ambassadeursklub in Pretoria en die Marthie de Bruin Akademie in samewerking met die Helpende Hand se Pretoria-Oos-streek ontvang. Dié fondse is geskenk aan Ons Plek Derdepoort. Aan die begin van Junie is meer as R183 000 van die teiken bereik.

“Ons wil almal aanmoedig om saam met ons opgewonde te raak oor die Ons Plek se StapSaam-fonds. Droom saam en deel sodat ons visie oor armoede verligting, armoede verbreking en armoede voorkoming bereik kan word deur opleiding, opvoeding en ontwikkeling. Saam stap ons die toekoms in saam met elke kind,” sê sy.

Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek is ‘n opvoedkundige gemeenskapsprojek met skole in die Stand, Volksrust, Derdepoort Pretoria, Port Shepstone, Kempton Park, Roodepoort en Naboomspruit (Mookgophong). Die Ons Plekke bied ‘n veilige, ondersteunende omgewing waar kinders uit alle ekonomiese agtergronde kan groei en hul volle potensiaal bereik. Die programme sluit ‘n uitkomsgebaseerde kurrikulum, terapeutiese ondersteuning, buitemuurse aktiwiteite en vakansieprogramme in om te verseker dat kinders in alle opsigte ondersteun word.

Solidariteit Helpende Hand nooi die publiek uit om deel te neem aan hierdie lewensverrykende inisiatief. Skenkings kan gemaak word op www.stapsaamfonds.co.za.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 06/06/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here