Deur Glyn Hunter | Mike Campbell-stigting
Artikelbron: Artikel verskaf

Dit het alles begin met die droom om weer die trappe van ’n gebou in Windhoek te wees. Dit het ’n perd genaamd Tsedeq geverg asook ’n die mui Nikao, nóg twee perde, Stardust en Johnny Depp, en ’n reis van sowat 2 000 km om weer daar uit te kom.

Die reis het agterpaaie, tweespoorpadjies deur landelike gebiede gevolg – soms moes hulle leeu- en olifantland kruis, deur droogtegeteisterde distrikte reis – alles met die bystand van merkwaardige vreemdelinge al langs die roete om daardie einddoel te bereik.

Dit was ’n regter se voorstel wat die saadjie geplant het vir hierdie uitdagende reis van ongeveer vier miljoen treë en dit het alles 23 jaar tevore begin.

Die begin
Ben Freeth is die uitvoerende direkteur van die Mike Campbell-stigting, maar in 2000 het hy saam met sy vrou en hul drie kinders op sy skoonpa, Mike Campbell, se Mount Carmel-plaas in Chegutu, Zimbabwe, gewoon. In Februarie 2000 is ’n nasionale referendum gehou oor die aanvaarding van ’n nuwe grondwet wat president Mugabe se mag sou uitbrei en hom toelaat om plaasgrond te konfiskeer sonder om die boere te vergoed.

Mugabe het die referendum verloor en vergelding het onmiddellik gevolg. “Oorlogsveterane” en burgerlike magte het wit boere se kommersiële plase binnegeval en skokkende geweld gepleeg, insluitend moord en brandstigting, wat ’n totale ineenstorting van wet en orde veroorsaak het.

Dit was ’n skrikwekkende tyd vir die Campbell- en Freeth-families asook hulle werkers, aangesien hulle voortdurend geteister en gedreig is deur ’n lid van Mugabe se regerende party-elite en sy boewe.

Ontvoering
Ná verskeie onsuksesvolle hofgedinge omdat die regbank gekaap is, het Mike Campbell in 2007 by die streekhof van justisie, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se SAOG-tribunaal in Windhoek, Namibië, vir hulp gaan aanklop.

Die geweld het egter meedoënloos voortgeduur en in Junie 2008 is Mike, sy vrou, Angela, en Ben ontvoer en wreed aangerand by een van Mugabe se militêre jeugkampe. Dit was slegs deur hulle eie gebede asook die van familielede en vriende dat hulle hierdie verskriklike beproewing oorleef het.

Ben het in sy boek, Mugabe and the White African, geskryf: “Teen daardie tyd het ’n groot aantal mense vir ons gebid. Wonderbaarlik het ek geen vrees ervaar nie … Ek het my berus en vir God gesê: ‘As ek sterf en vandag by U is, is ek gereed, maar as U nog werk vir my het, is ek ook gereed daarvoor…’

“Dit was toe dat die wonderwerk gebeur het … ek het ’n been reg voor my gesig gesien … ek het my hand uitgesteek, daaraan geraak en gesê: ‘Mag die Here Jesus jou seën…’”

Kort daarna het die geslaan opgehou en is hulle in ’n voertuig gelaai en naby die dorp Kadoma, tussen twee kerke agtergelaat. Dit was middernag. Merkwaardig genoeg het een van die ontvoerders om verskoning gevra.

Mike en Ben het egter nie aan die SAOG-tribunaal se hofsaak onttrek nie en op 28 November 2008 het die tribunaal bevind dat die plaasinvalle onwettig en rassisties is en dat Mike Campbell en die 77 bykomende boere wat by die saak aangesluit het, vergoeding moes ontvang.

Met die hofsake teen Mugabe wat opgehoop het, het hy die SAOG-staatshoofde oorreed om die tribunaal in 2012 te sluit.

Die “lang rit vir Geregtigheid”
Om die aandag weer te vestig op die noodsaaklikheid daarvan om die tribunaal vir burgers in die hele SAOG-streek weer in te stel, het Ben sy “Long Ride for Justice” aangepak.

Op 28 November 2023, die vyftiende herdenking van die geskiedkundige Tribunaal-uitspraak, is Ben en sy perd, Tsedeq, hartlik deur vriende te perd afgesien by die ingang na die plaas Mount Carmel. Ben en Tsedeq het die moeisame tog van 800 km wes vanaf die plaas na Kazungula, Zimbabwe se grens met Namibië, Botswana en Zambië, op 21 Desember voltooi.

Die tweede been van die reis het op 2 Februarie 2024 by die Ngoma-brug-grenspos aan die oostelike punt van Namibië se Caprivi-strook / Zambezi-streek begin.

Met die voortdurende ondersteuning van vreemdelinge langs die roete en Namibiese boeregesinne orals in die kommersiële boerdery-afdeling, kon Ben sy doelwit bereik.

Op 18 Maart het Ben en ondersteuners met baniere na die trappe van Windhoek se SAOG-tribunaalgebou gestap waar hulle by verteenwoordigers van streeksorganisasies aangesluit het wat die memorandum aan SAOG onderteken het en waarin gevra word vir die heropening van die Tribunaal.

Toe het Ben en een van die Namibiese prokureurs van die Campbell-hofsaak sy gebed wat vra vir geregtigheid aan die deur van die Tribunaalgebou vasgeheg – sy “Long Ride for Justice” is uiteindelik voltooi.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 07/05/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here