Geskryf deur: Gerda Potgieter
Artikelbron: Verskaf
Thamsanqa Mpanza, of Lucky soos sommiges hom noem, is in sy veertigs. Voorheen was hy ‘n vlugteling wat vir ernstige misdade deur die polisie gesoek is. Na jare van misdaadpleging, leef hy uiteindelik ‘n vreedsame lewe en is ‘n vry man. Vir die eerste keer in sy lewe voel hy geliefd en doelgerig. Hy leef hy ‘n eerbare lewe en werk in sekuriteit by ‘n plaaslike winkel in Kranskop. Sedert hy Jesus ontmoet het, vertel Thamsanqa, is hy nie meer ’n misdadiger nie.
Hy was maar sestien to hy reeds ernstige misdade gepleeg het as die leier van ‘n groep misdadige bendelede. Van toe af is sy verhaal gekenmerk deur dwelm- en alkoholmisbruik, heksery, voorvaderaanbidding, muti om sy kriminele aktiwiteite te verbeter, begraafplaasbesoeke om grafskending te pleeg, omgaan met bose geeste en verskeie ander misdade. Vandat sy pad met die Sending gekruis het, het hy egter van alles ontslae geraak en die Here begin volg.
“Ek het 57 kriminele sake teen my gehad”, vertel hy. “Maar ek is nou van alles gevrywaar en is vir die eerste keer ’n vry man sedert ek met my misdade as jongeling begin het. Ek het net die mense van die KwaSizabantu Sendingstasie en hul CYPSA restorasieprogram om daarvoor te bedank. In baie van die kriminele sake het die polisie my daarvan beskuldig dat ek die misdaad gepleeg het. Ek was nie eers daar toe dit gebeur het nie. Ek was reeds by KwaSizabantu waar ek om hulp aangeklop het, maar die gemeenskap en die polisie het my vir daardie misdade ook blameer. KwaSizabantu het my gehelp om die feite reg te stel en my onskuld te bewys”.
Thamsanqa het voorheen in die tronk beland vir sommige van sy misdade. Hy vertel, “Die tronk het my nie verander nie. Ek het dwelms verkoop en mense in die tronk met messe gesteek. Ek is as ‘n gevaarlike misdadiger beskou, en ek was ook ‘n bendeleier in die tronk – ‘n invloedryke leier.Toe ek eendag vrygelaat is, is ek tydens ‘n misdaadpoging deur my rug geskiet, en die koeël het voor uitgegaan. My vriend is gearresteer. Nadat ek die hospitaal na ‘n lang tyd verlaat het, het ek gehoor die polisie soek my.”
Hoe het hy dit reggekry het om te verander van ‘n wrede misdadiger met geen agting vir mense hoegenaamd nie na ‘n liefdevolle, wetsgehoorsame burger wat ander inspireer? Sy antwoord is eenvoudig: “Ek het die Here by KwaSizabantu ontmoet, en my lewe is verander.”
Thamsanqa is nie getroud nie, maar het 12 kinders by verskillende vroue. Hy het heeltyd “van meisies verander en kinders by hulle gehad”. Twee van my kinders is nou oorlede. Hy wil graag ‘n huis vir sy kinders bou. “Dit is hoe KwaSizabantu mense help”, vertel hy. “Hulle help hulle om beter mense te word. Selfs my gemeenskap is nou trots op my. Ek wandel nou met God. Die bose geeste spook nie meer by my nie. Ek glo nie meer daaraan om voorouers te aanbid nie. Eens was ek ‘n dwelmverslaafde, maar ek smag nie meer na daardie dinge nie. Die een ding waaroor ek spyt is, is dat my ma oorlede is sonder dat sy die geleentheid gehad het om te sien hoe ek my lewe reggemaak het. Ek wil nie hê ander mense moet val soos ek nie. Ek hoop ander kan uit my storie leer.”
NOTA: CYPSA staan vir Concerned Young People of SA en is ‘n restorasieprogram, nie ‘n rehabilitasieprogram nie. Lees meer sodanige opbeurende stories gratis op die webtuiste: www.devotedmag.co.za.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 03/12/2024
Foto verskaf
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.