Geskryf deur: Lisa Polson

Jean du Plessis, bekend as Jan Bloukaas, is Dinsdagaand oorlede ná ’n lang en dapper stryd teen kanker. Die geliefde sanger het sy laaste album, God Kan, verlede Vrydag vrygestel – ’n droom wat hy, met die hulp van skarebefondsing en kollegas in die musiekbedryf, kon verwesenlik.

In sy laaste video, wat hy Sondag op sosiale media gedeel het, het Jean openhartig oor die agteruitgang van sy gesondheid gepraat en gesê hy is op suurstof, maar steeds gevul met geloof: “… daar is nie ’n dood nie, daar is net lewe met Jesus Christus, Amen…” Jean se bestuurspan het die nuus Woensdagoggend bevestig in ’n amptelike verklaring.

Amptelike verklaring:
Dit is met groot hartseer dat ons met julle nuus meedeel, Jan Bloukaas, Jean du Plessis – gisteraand na sy hemelse huis is.

Sy helder lag, liefde, veg krag en omgee vir ander los ’n leemte by ons. Die familie bedank elk een vir hulle gebede, ondersteuning en vra vir privaatheid in die tyd.

Sy musiek leef voort en sy stem sal altyd by ons bly. Ons gaan jou mis maar weet jy is jou waar jy moet wees.

Alle versoeke kan aan sy bestuurder gerig word, Aïda – aida@pairmedia.co.za

7/10/1999 – 03/12/2024
Nou kan jy rus
Jan Bloukaas Bestuur

Medelye stroom in
Vriende, kollegas en aanhangers het sedert die nuus van sy afsterwe hul skok en hartseer gedeel. Onder die boodskappe is talle huldeblyke wat Jean se unieke gees, onwrikbare geloof en inspirerende musiek vier.

Jan Bloukaas het nie net sy musiek agtergelaat nie, maar ’n boodskap van hoop en oorwinning. Hy sal altyd onthou word vir sy vreugdevolle gees en sy onvermoeide geloof in Jesus Christus.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 04/12/2024
Foto’s: Facebook

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here