Geskryf deur: Pro Medien Magazine
Artikelbron: evangelicalfocus.com

Die 20-jarige Christen wil haar platform gebruik om God en haar naaste te dien. Sy is geesdriftig oor kerkplanting en om Generasie-Z te bereik.

Daar is ʼn nuwe Mej. Duitsland en sy is ’n toegewyde Christen.

Kira Geiss het ’n toekenning gewen wat volgens die organiseerders nie net meer oor skoonheid gaan nie, maar ook oor sosiale betrokkenheid en die vermoë om ander mense te bemagtig.

“Ek dink die tyd het aangebreek om nie net te sorg vir die gesonde instandhouding van ons planeet nie, maar ook om aktief betrokke te raak om mense te help om innerlik te genees en te groei”, sê sy op die Mej. Duitsland-webtuiste, waar sy onder meer beskryf word as ’n “teologiestudent en aspirant-godsdiens- en gemeenskapsopvoeder.”

Kerkplanting en evangelisasie

Geiss is ’n Bybelstudent by ’n sendingskool in Unterweissach (naby Stuttgart). In ’n onderhoud met die Duitse Pro Medien Magazine het sy gesê sy sal ’n jaar verlof moet neem as sy die kompetisie wen sodat sy haar rol as Mej. Duitsland kan vervu. Haar roeping tot kerkplanting en ongelowige jongmense met die Evangelie te bereik, het egter nie verander nie, sê sy.

“Ons het meer jong gemeentes nodig wat oop is vir verandering. Gemeentes wat by hulle beginsels hou, maar steeds saam met die samelewing beweeg. Ek wil graag ’n stem vir die kerk wees … dit is my tuiste.”

Haar passie, sê sy, is “om God en my naaste te dien”. Sy het gehelp om die EastSid-bediening in die stad Magdeburg te stig.

Die nuwe Mej. Duitsland het nie in ’n Christelike gesin grootgeword nie. ’n Weinachten im Schuhkarton-veldtog (Samaritan’s Purse se inisiatief – “Kerskind” in Duitsland) waardeur kerke bokse met geskenke vir kwesbare kinders in ander lande insamel, was as kind haar eerste verbintenis met die kerk

Later het sy as 16-jarige tot bekering gekom “nadat twee meisies my na die jeuggroep van hul kerk genooi het”, verduidelik sy. “Vandag beskou ek dit as ’n voordeel om te weet hoe dit voel om nie ‘n Christen te wees nie, dit help my in my interaksie met diegene wat nie glo nie.”

Kira Geiss het die Mej. Duitsland-kompetisie op Sondag 5 Maart 2023 in die Europapark gewen.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 05/04/2023
Foto: Kira Geiss, nadat sy as die wenner van Mej. Duitsland 2023 aangekondig is. / Foto: Miss Germany Awards.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here