Geskryf deur: Michael Snyder
Artikelbron: www.prophecynewswatch.com
Die Amerikaanse dollar is al dekades lank die primêre reserwegeldeenheid van die wêreld, maar dit is nou besig om te verander namate China, Rusland, Indië, Brasilië, Saoedi-Arabië en ander nasies nuwe maniere ontwikkel om minder daarop aangewese te wees.
Dit is ’n rede tot kommer vir Amerikaners, want die feit dat hulle geldeenheid die primêre reserwe-geldeenheid van die wêreld is, het Amerikaners toegelaat om ’n buitensporig hoë lewenstandaard te geniet. Die verlies van hierdie status sal hulle lewenstyl aansienlik verander.
Met Amerikaanse leiers wat oor die afgelope paar jaar geldeenheidbestendigheid geminag het, neem baie Amerikaners bloot aan dat die dollar altyd die botoon sal voer. Die res van die wêreld berei egter voor vir ‘’ toekoms waarin die Amerikaanse dollar baie minder belangrik sal wees as wat tans die geval is.
Die BRICS-nasies, wat meer as 40% van die wêreldbevolking en byna ‘’n kwart van die globale BBP uitmaak, werk daaraan om ’n nuwe geldeenheid te ontwikkel. Twee van hierdie nasies, China en Brasilië, het reeds ingestem om in hulle eie geldeenhede handel te dryf en die Amerikaanse dollar as ’n tussenganger uit te skakel.
Die ministers van finansies van ASEAN-lande (Association of Southeast Asian Nations) het maniere bespreek om afhanklikheid van die Amerikaanse dollar, euro, jen en Britse pond te verminder. Saoedi-Arabië het ingestem om ’n dialoogvennoot te word in die Sjanghai-samewerkingsorganisasie, ’n politieke, veiligheids- en handelsalliansie wat China, Rusland, Indië, Pakistan en vier ander Sentraal-Asiese nasies as lede het.
Die Chinese het hul eerste handel van vloeibare aardgas voltooi wat in yuan eerder as Amerikaanse dollar gevestig is. Indië het sy geldeenheid as ’n alternatief vir die Amerikaanse dollar in internasionale handel aangebied en Saoedi-Arabië het ingestem om Keniaanse sjielings as betaling vir olieversendings te aanvaar. Hierdie aksies dui daarop dat wêreldwyd wegbeweeg word van die dollar.
Lees die volledige berig by joynews.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 05/04/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








