Geskryf deur: Jeremiah Goddard en Donnelly McCleland
Artikelbron: incontextinternational.org 

Dinsdag 28 Maart het Belarus se ministerie van buitelandse sake ’n verklaring uitgereik wat verduidelik dat sy besluit om Russiese taktiese kernwapens te huisves, geneem is ná jare van druk deur Amerika en sy bondgenote dat Belarus sy politieke en geopolitieke koers moet verander.

Hierdie bevestiging volg op ’n aankondiging Saterdag deur Rusland se President Wladimir Poetin dat Moskou en Minsk ’n ooreenkoms bereik het oor die ontplooiing van taktiese kernwapens in Belarus. Minsk sê die Russiese kernplanne sal nie strydig wees met internasionale ooreenkomste om nie die kernplanne uit te brei nie, want Belarus sal nie self oor die wapens beheer hê nie.

Die jongste verwikkelinge volg minder as ’n week ná die hoëprofielbesoek van Chinese President Xi Jinping aan Moskou (20-22 Maart). In ’n gesamentlike perskonferensie het Poetin China se twaalfpunt-vredesplan vir die Oekraïne verwelkom, deur te sê dit kan as ’n basis gebruik word om die oorlog te beëindig. Hy sê egter dat dit slegs deurgevoer kan word “sodra die Weste en Kiëf daarvoor gereed is.”

Kiëf het vroeër gesê dat dit oop is vir “dele van die plan”, terwyl Amerika dit heeltemal verwerp het. Xi ontmoet binnekort met die Oekraïne se president Zelensky om die voorgestelde vredesplan te bespreek. Xi het klem gelê op die hegte bande tussen hom en pres. Poetin, en het pres. Poetin genooi vir ’n opvolgstaatsbesoek later vanjaar. Hierdie uitnodiging word beskou as ’n simboliese vertoning van steun ná die Internasionale Strafhof (ICC) se lasbrief vir inhegtenisneming van 18 Maar waarvolgens die Russiese leier se reisvoornemens dramaties beperk is.

Die ICC se lasbrief vir inhegtenisneming is in verband met moontlike oorlogsmisdade in die Oekraïne. Dit is die eerste sodanige lasbrief vir ’n leier van een van die nasies van die Verenigde Nasies (VN) se veiligheidsraad. ’n Oorlogsmisdaad is ’n oortreding van die standaarde soos deur die Geneefse Konvensie bepaal na afloop van die gruweldade tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die VN se kommissie belas met die ondersoek na die situasie in die Oekraïne het afgekom op bewyse van die onwettige oorplasing van kinders uit Oekraïne na Rusland en hierdie kinders in huise in Rusland geplaas is. Die Oekraïnse regering plaas die getal onwettige oorplasings op sowat 16 000 kinders. Afgesien hiervan word Rusland ook daarvan beskuldig dat hy burgerlikes vermoor het en daar is twee massagrafte – meestal met burgerlike slagoffers – gevind.

Pres. Poetin word binnekort by BRICS (Brasilië, Rusland, Indië, China, en Suid-Afrika) se byeenkoms in Suid-Afrika verwag wat in Augustus 2023 gehou sal word. Hoewel die Kremlin nog nie sy bywoning bevestig het nie. Aangesien Suid-Afrika ’n ondertekenaar is van die Roomse Statuut wat die ICC gevestig het, kan dit die land verplig om die lasbrief uit te voer, hoewel regsadvies ingewin word oor hoe om hierdie moontlike besoek te hanteer. Tydens ’n onlangse besoek van vyf dae aan Suid-Afrika, het koning Philippe van België ’n beroep op Suid-Afrika gedoen om sy invloed op Rusland te gebruik om ’n einde aan die konflik in Oekraïne te bring. President Cyril Ramaphosa het gereageer deur te sê dat Pretoria volhou “om die kanaal wat ons met Rusland het, te gebruik … om te praat oor hoe die konflik beëindig kan word.” Suid-Afrika het gepoog om neutraal te bly en is ’n voorstander van dialoog om die oorlog te beëindig.

Te midde van die verwoesting van die oorlog in Oekraïne is daar voortdurend geleenthede om die Here se Koninkryk uit te brei, en nie net in die Oekraïne self nie, maar ook in Rusland. Missioloë bespeur ’n verskuiwing van die “swaartepunt” van die Christendom vanaf Europa en Amerika (Westerse nasies), na wat bekend is as die “Globale Suide” (Afrika, Asië en Latyns-Amerika), waar hierdie streke al hoe meer van hulle eie sendelinge uitstuur. Baie van hulle gaan na nasies wat dikwels “geslote” is vir Westerlinge.

Analiste ondersoek ook ’n verskynsel wat hulle “suid-na-suid-sending” noem. In die lig van sterk verhoudinge tussen BRICS-nasies is die vraag of die Here dalk besig om toe te laat dat ’n nuwe sendingmag Rusland en die “post-Christelike Weste” bereik, wat afkomstig is uit die Globale Suide?

In wêreldse terme sien ons hoe geopolitieke tendense verskuif omdat China, Rusland, en Turkye vredesooreenkomste bemiddel. Net so is die vraag ook of die Here dalk besig is om ’n verandering te bring in hoe die “onbereiktes” bereik word met sy lewegewende Evangelie? Wanneer ons die uiterste vernietiging van die oorlog aanskou, is ons diep bedroef oor die gevalle mensdom. Ons sien egter hoe die Here aan die werk is en die sendingtaakmag laat groei om nuwe areas te bereik, asook die nasies wat hulle rug op God gedraai het. Gelowiges in die Globale Suide moet die strategiese geleenthede aangryp wat vir hulle beskikbaar is, wat grotendeels “geslote” is vir tradisionele Westerse sendelinge.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 06/04/2023
Foto: commons.wikimedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here