Artikelbron: Artikel verskaf
Radio Tygerberg 104FM kondig met trots aan dat die veelbekroonde gospelkunstenaar, Michael W. Smith, Suid-Afrika in Junie 2023 gaan besoek met die Waymaker-toer.
Daar sal slegs twee optredes wees: Een op 9 Junie by die Moreletapark-gemeente in Pretoria en een op 10 Junie by GrandWest Arena in Kaapstad.
Kaartjies is nou op iTickets.co.za beskikbaar. Sitplekke is beperk, so maak seker jy koop dadelik jou kaartjies vir ’n eenmalige geleentheid om dié legendariese gospel-kunstenaar op die verhoog te sien.
Meer oor Michael W. Smith
Die gewilde gospelsanger is die wenner van drie Grammy-toekennings, 45 Dove-toekennings sowel as ’n toekenning vir sy lewenslange bydrae as liedjieskrywer. Tot op hede, het hy 31 nr. 1-trefferliedjies gehad, 14 goue albums, 5 platinum albums en is wêreldwyd bekend vir treffers soos “Open the eyes of my heart”, “A New Hallelujah”, “The Heart of Worship” en natuurlik “Waymaker”.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 06/04/2023
Foto verskaf
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.