Geskryf deur: Billy Graham Evangelistic Association
Artikelbron: Artikel verskaf

Die Billy Graham Evangelistic Association (BGEA) nooi jou uit om na sy spesiale Paasfeesprogram te kyk, wat net buite die Colosseum in Rome, Italië opgeneem is.

The New Birth is ’n kragtige 30-minute lange spesiale aanbieding wat fokus op die lewende hoop wat ons het danksy die opstanding van die Here Jesus Christus. Jy kan aanlyn daarna kyk by BillyGraham.org.

My goeie vriend Michael W. Smith – wat my gehelp het om die Goeie Nuus by evangelisasie-geleenthede wêreldwyd te verkondig – het ’n wonderlike koor en orkes bygeengebring en hulle het verskeie inspirerende liedjies opgeneem. Jy sal nie hul passievolle uitvoering van “In Christ Alone” en talle ander pragtige liedere wil misloop nie!

Die program is ’n goeie manier om die Goeie Nuus van Paasfees met jou geliefdes te deel wat nie die Here ken nie. “In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.” – 1 Petrus 1:3, 4.

Sal jy jou vriende en familie nooi om te kyk – en dan vir God vra om hulle harte oop te maak vir die heerlike boodskap van Christus se oorwinning oor die graf?

Besoek BillyGraham.org/Rome as jy die voorskou wil sien.

Dankie vir jou hart om te sien hoe ander deur die Evangelie verander word.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 06/04/2023
Foto verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here