Geskryf deur: Tinus Coetzee Artikelbron: Artikel verskaf 

Warrior Bride Ministries in samewerking met Jan Badenhorst en sy span het onlangs ’n suksesvolle uitreik in Zimbabwe gehad. (Warrior Bride is gestig deur Tinus Coetzee en JC Le Roux. Hulle is gebaseer in Potchefstroom en is deel van die Duet-gemeente.) 

Dit het Jan Badenhorst, sy span en Warrior Bride Ministries byna ’n volle jaar geneem om hierdie uitreik te reël wat van 2 tot 9 Julie 2023 in die Masvingo-provinsie van Zimbabwe plaasgevind het. 

Dit was ’n ongelooflike ervaring vir al 30 deelnemers aan hierdie uitreikprojek. Die span het vir hierdie uitreik in drie groepe verdeel: 

  1. Die span wat die Capota-skool vir blindes bedien.
  2. Die span wat die Boek van Openbaring-opleiding vir pastore en kerke van Zimbabwe bestuur.
  3. Die span wat die Jesus-film in die Shona-taal bestuur.

’n Groep studente en volwassenes het by die bedieningspan aangesluit vir hierdie uitreik. Hulle het ‘n groot impak op die studente van die Capota-skool vir blindes gehad. Die spanlede het ’n volle drie dae lank saam met die leerders deurgebring, hulle bedien, vir hulle gebid, projekte saam met hulle gedoen en verskeie speletjies saam met hulle gespeel. Die leerders se blindheid het hulle glad nie verhoed om deel te neem aan enige van die geskeduleerde geleenthede wat vir hulle beplan is nie. Hulle het selfs daarin geslaag om ’n sokkerwedstryd teen die bedieningspan se studente te speel en het hulle (en sommige ouer volwassenes in die span) oortuigend geklop!

Hierdie mense by die skool is wonderlik. Die leerders en onderwysers is so nederig en hulle het die span van begin tot einde met ope arms verwelkom en aanvaar. 

Jan Badenhorst & JC Le Roux doen hierdie uitreikprojek nou al amper twee dekades lank in Zimbabwe. Hulle is toegewy aan een uitreikprojek na Zimbabwe elke jaar. Hulle het ’n volledige sonkrag-omskakelaarstelsel ter waarde van meer as R 100 000 by hierdie skool geïnstalleer, asook ’n klankstelsel. Die fondse hiervoor is ingesamel deur ’n gholfdag aan te bied asook verskeie fondsinsamelingsgeleenthede wat deur Jan Badenhorst en sy span gereël is.

Warrior Bride Ministries het die boek van Openbaring-lesings behartig. Dit is deur ongeveer 80 pastore bygewoon wat van oral uit Zimbabwe na die lokaal gereis het. Tinus en JC was aan die hoof van hierdie opleiding, bygestaan deur ander spanlede. Hierdie pastore en kerke in Zimbabwe is inderdaad honger na die Woord van God. 

Daar is ’n volle twee dae lank aan hierdie opleiding gewy en hierdie pastore en kerke het uit hulle pad gegaan om die span te huisves. Die gasheerkerk is ook geseën met ’n volledige klankstelsel en gazebo vir hul kerk wat sal help met die bou van hulle kerk.

Laastens het die span na ’n plattelandse dorpie gegaan om die Jesus-rolprent in die Shona-taal te gaan vertoon. Dit is deur ongeveer 100 mense bygewoon en die span het hulle daarna bedien. So baie van hulle is verlos en het hulle lewens aan Jesus Christus oorgegee. Jan Schlebusch was aan die stuur van die vertoning van die Jesus-rolprent. Hy het hierdie rolprent al meer as 900 keer gewys sedert hy in die vroeë tagtigerjare begin het. Hy het na baie Afrika-lande gereis om hierdie film te vertoon en het sy lewe daaraan gewy om mense tot die reddende kennis van Jesus Christus te bring. Ons eer Oom Jan vir sy toewyding. 

Hierdie uitreik is gekenmerk deur ’n groep mense wat Jesus heelhartig liefhet en hul lewens daaraan toewy om Hom te dien en mense tot die reddende kennis van Jesus Christus te bring. 

Die span is van begin tot einde uitstekend gehuisves en hulle maaltye is voorberei deur ’n wonderlike gesin wat deel was van die bedieningspan en hulself toegewy het om na die span om te sien tydens hierdie uitreik. Elke spanlid moes vir hulleself betaal om hierdie uitreik moontlik te maak en dit toon volkome toewyding aan die Woord van God en om sy werk op aarde te doen.  

Dankie aan almal betrokke vir julle toewyding! 

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 09/08/2023
Foto verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here