Deur: Tre Goins Phillips
Artikelbron: charismanews.com

Maria Magdalena is een van die eerste karakters wat op die toneel gekom het in die treffer-Bybelreeks, The Chosen. Haar karakter se deursettingsvermoë en kwesbaarheid het nie net kykers geroer nie, maar ook die aktrise wat die rol vertolk.

Elizabeth Tabish (36) het onlangs aan CBN se Faithwire gesê haar rol in die reeks, ’n Bybelse en historiese drama wat deur die Christelike filmmaker, Dallas Jenkins, geskep is, het haar eie begrip van Jesus verdiep.

“Om met hierdie tonele en die woorde van hierdie tonele te lewe … ek dink heeldag lank daaraan,” het sy verduidelik. “Ek dink aan die karakter, die doelwit vir die karakter, aan wat hulle in die toneel wil bereik. Dit begin deursypel na my eie bewussyn. Dit word soort van ’n voortdurende meditasie oor hierdie temas.”

“Dit beïnvloed jou,” het die akteur voortgegaan. “Wanneer jy so lank daarmee saamlewe, begin jy self ook so dink – wat ek dink ‘n geskenk is wanneer jy aan sulke programme [The Chosen ] werk, want ek dink gedurig aan Maia Magdalena se liefde vir Jesus en dit beïnvloed my liefde vir Jesus.”

Tabish het ook onlangs begin om tonele te verfilm vir The Shift, ‘n wetenskapfiksierolprent wat losweg gegrond is op die Ou Testamentiese boek Job. Hoewel baie van die besonderhede vir die intrige nog onthul moet word, volg die Angel Studios-rolprent ‘n man, Kevin Granger, terwyl hy “deur die ‘multiverse’ terugreis na wat vir hom die belangrikste is,” sê die skrywer en regisseur, Brock Heasley.

 

Die rolprent, wat na verwagting aan die einde van 2023 uitgereik sal word, bevat ook Sean Astin (Lord of the Rings, Stranger Things), Kristoffer Polaha (Wonder Woman 1984), Neal McDonough (Band of Brothers), asook Tabish se medesterre in The Chosen, Paras Patel en Jorden Walker Ross.

Tabish het verlede jaar aan Faithwire gesê dat, hoewel sy voorheen skepties was, sy nou meer as ooit bewus is dat “God se liefde werklik is”. Daarom het die eerlikheid en egtheid van The Shift haar getrek. Soveel geloofsgebaseerde films, het sy gesê, wek die indruk dat die lewe baie makliker is ná redding – maar dit is nie altyd die geval nie. Trouens, in Johannes 16:33 belowe Jesus dat gelowiges in hierdie lewe beproewinge en vervolging sal ondervind.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 22/03/2023
Foto: instagram.com/thechosentvseries

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here