Artikelbron: billyshomeplace.com
‘n Woning in Noord-Carolina wat voorheen die tuiste was van die bekende evangelis Billy Graham en sy gesin, is in ’n retraite vir pastorale herstel omskep.
Die eiendom, geleë in Montreat, was Billy en Ruth Graham se eerste huis en het as die gesinswoning gedien gedurende die mees kritieke jare van sy bediening. Die sentrum is moontlik gemaak deur ʼn sakeman van Charlotte, Stephen L. Thomas, die akteur Kirk Cameron en die Grahams se derde dogter, Ruth Graham.
Die sentrum bied verskeie ervarings vir pastore en sendelinge met meer as 20 jaar diens wat ontwerp is om hulle te verfris en hulle te help om God se wil te ontdek deur diep in God se Woord te delf. Die pastorale rus- en sabbatsverlofvorm word bloot ingevul en daar is geen koste vir pastore of sendelinge wat by Billy’s Home Place kom woon nie.
Die huis is sowat twee jaar gelede vir $599 000 (R11 087 969) te koop aangebied deur die Grahams se dogter, wat besig was om fondse in te samel vir haar eie dogter se mediese behandelings. Die eiendom is uiteindelik op 1 September 2021 vir $750 000 (R13 883 100) verkoop. Die huis is die afgelope paar jaar as vakansiehuis verhuur, met gaste wat toegang gegee is tot die oorspronklike meubels, boeke, foto’s en aandenkings van die Grahams se jong gesinslewe.
Die tweeverdiepinghuis word omring deur skilderagtige staproetes en strome. Die Billy’s Home Place-webtuiste sê dat die huis dien as ‘n voortsetting van dr. Graham se nalatenskap en is ‘n toevlugsoord vir pastore en sendelinge wat uitgeput is en bied ʼn plek om te vertoef en die aangesig van God te soek. Dit sê ook dat die huis ‘n simbool van salwing is, waar God gekies het om ‘n nederige dienaar te gebruik om die Evangelie van Jesus Christus met die wêreld te gaan deel.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 22/03/2023
Foto: billyshomeplace.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.