Geskryf deur: Solidariteit Helpende Hand 
Artikelbron: Artikel verskaf

Elf maatskaplike werkers van reg oor die land is vandeesweek as die Hoopdraers van 2023 aangewys.

Op 21 Maart is internasionale Maatskaplikewerkdag gevier en daarom het Solidariteit Helpende Hand in samewerking met Solidariteit se beroepsnetwerke besluit om hulde aan hierdie onbaatsugtige beroepsrigting te bring.

Vanjaar is dit die tweede jaar wat hierdie toekennings oorhandig word en die doel is om openbare erkenning te gee aan maatskaplike werkers se onblusbare passie vir hulle werk ondanks moeilike omstandighede.

Volgens Christia Potgieter, hoof van die maatskaplikewerkdienste-afdeling by Solidariteit Helpende Hand, word maatskaplike werkers daagliks blootgestel aan die harde werklikheid van mishandeling, verwaarlosing en ander vorme van onreg wat aan die orde van die dag is. Hulle deins egter nie daarvoor terug nie en veg in die voorste linies vir weerlose groepe. Dit is dus belangrik dat hulle daarvoor vereer sal word. Maatskaplike werkers van reg oor die land is met ’n toekenning vereer. Die publiek kon ’n maatskaplike werker in hul gemeenskap vir die toekenning nomineer en ’n professionele paneel het die nominasies beoordeel.

“Om ’n maatskaplike werker te wees, verg baie meer as om ’n paar take gedurende kantoorure te verrig. Maatskaplike werkers speel ’n noodsaaklike rol om gesonde gemeenskappe te bou en hierdie dikwels ondankbare beroep is daarop gerig om mense in nood te ondersteun, weerloses te beveilig en te veg teen maatskaplike ongeregtighede. Dapper, toegewyd, empaties, roepingsgedrewe, steunpilaar, waagmoed, deursettingsvermoë – dit is maar enkele woorde wat die maatskaplikewerkprofessie omskryf, maar dikwels gaan die impak wat hierdie edel beroep op individue, gesinne en gemeenskappe het, ongesiens verby,” sê Potgieter.

Bianca Smit van Solidariteit se beroepsnetwerke sê met hierdie toekenning wil hulle maatskaplike werkers salueer en erkenning gee omdat hulle ’n stem is vir diegene wat nie vir hulself kan praat nie. “Hulle bring hoop waar ellendige toestande heers. Maatskaplike werkers is die lig in iemand se donker. Hulle is nie net ligdraers in die gemeenskap nie, maar ware hoopdraers in die gemeenskap. Baie geluk aan die Hoopdraers vir 2023,” sê Smit.

Vanjaar se Hoopdraers is:

  • Ramona van der Spuy van die Gauteng-streek;
  • Yolande van Rooyen van die Oos-Kaap-streek;
  • Shanie Boshoff van die Wes-Kaap-streek;
  • Annelie Jeffery van die Platinum-streek;
  • Marlize Ramsden van die Vrystaat-streek;
  • Nicolene Cordier van die Noordwes-streek;
  • Elrisa Opperman van die Oos-Rand-streek;
  • Emsie Malan van die Noord-Kaap-streek;
  • Magda de Vaal van die Wes-Rand- en Vaaldriehoek-streek;
  • Joyce Ahlers van die Limpopo-streek; en
  • Marlene Janse van Vuuren van die Mpumalanga- en KZN-Noord-streek.


Ramona van der Spuy van die Gauteng-streek (regs) saam met Marina Greyvenstein, Helpende Hand se takvoorsitter van Rayton.


Yolande Van Rooyen vir die Oos-Kaap-streek;


Shanie Boshoff vir die Wes-Kaap-streek (middel) by haar is Alisha de Lange, Helpende Hand se streeksorganiseerder, en Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand.


Annelie Jeffery van die Platinum-streek


Marlize Ramsden van die Vrystaat-streek


Nicolene Cordier van die Noordwes-streek


Elrisa Opperman van die Oos-Rand-streek


Emsie Malan van die Noord-Kaap-streek (regs) saam met Sanri Stone, hoof van Orania Werk en Welstand.


Magda de Vaal van die Wes-Rand en Vaaldriehoek-streek


Joyce Ahlers van die Limpopo-streek


Marlene Janse van Vuuren van die Mpumalanga-streek en KZN-Noord-streek

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 23/03/2023
Foto’s verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here