Artikelbron: Artikel verskaf 

Die burgemeester van die Stad Kaapstad het Woensdagoggend (20 September) saam met sy burgemeesterskomitee ’n belofte van Unashamedly Ethical onderteken, wat ’n sterk en definitiewe standpunt teen korrupsie inneem.

Die belofte verklaar dat hulle as ’n regering of politieke organisasie daartoe verbind is om onbeskaamd eties te wees (unashamedly ethical) ten opsigte van ’n lys van verskeie verpligtinge en het ooreengekom om verantwoordbaar gehou te word daarvoor. Die Stad Kaapstad het die voortou geneem as die eerste stad in Suid-Afrika wat so ’n verbintenis gemaak het.

Unashamedly Ethical hoop dat hul belofte ’n voorbeeld stel en help om die weg te baan vir ander stede in die land om te volg. “Ons prys die Stad Kaapstad, en in die besonder, burgemeester Geordin Hill-Lewis en onderburgemeester Eddie Andrews, saam met hul span, vir hul moedige en beginselvaste verbintenis om onbeskaamd eties te wees. In ’n tyd waarin die stryd teen korrupsie nog nooit tevore so belangrik was as nou nie, stuur hierdie besluit ’n kragtige boodskap aan ons nasie dat etiese leierskap nie net wenslik is nie, maar ook haalbaar,” het Gary Power, die besturende direkteur van Unashamedly Ethical, gesê.


Die burgemeester onderteken die Stad Kaapstad se belofte teen korrupsie

Die belofte wat deur burgemeester Geordin Hill-Lewis en sy komitee onderteken is, het die Stad Kaapstad tot die volgende verbind:

  • Om eerlik en eties te wees in alle handelinge.
  • Om doeltreffende, ekonomiese en effektiewe openbare dienslewering op ’n onpartydige en regverdige wyse te verskaf.
  • Om te weier om enige omkoopgeld uit te lok, te aanvaar of te betaal en om diegene wat dit doen, te rapporteer.
  • Om van ons lede te verwag om alle persoonlike of familie finansiële belange te openbaar wat hul besluitneming kan beïnvloed.
  • Om alle staatskontrakte met die grootste integriteit te beding.
  • Om bedrog, korrupsie, nepotisme, wanadministrasie en ander oortredings aan te meld.
  • Om deursigtigheid, aanspreeklikheid en billike administratiewe optrede te verseker deur die publiek van tydige, toeganklike en akkurate inligting te voorsien.
  • Om te belê in die verbetering van ons werknemers en verkose amptenare deur goeie menslikehulpbronbestuur.
  • Om die transformasie van ons invloedsfeer en kundigheid in die staatsdiens na te streef
  • Om met ons eweknieë saam te werk om die wêreld positief te beïnvloed.


Unshamedly Ethical daag Suid-Afrikaanse Metro’s uit om die stappe van die burgemeester en burgemeesterskomitee van die Stad Kaapstad te volg om ‘n belofte teen korrupsie te onderteken.

Verder tot die ondertekening van die belofte het die burgemeester ingestem om deur ‘n etiek-ombudsman verantwoordbaar gehou te word. Dit maak die Onbeskaamde Etiese belofte meer as net ’n belofte, maar ’n daad van verantwoordbaarheid waartoe dit hom verbind. “Die belangrikheid van die ombudsman is om wys dat dit nie ’n leë handtekening is nie, maar ’n gewilligheid deur die stad om verantwoordbaar te wees teenoor ’n bevoegde en onafhanklike ombudsman,” het Keith Matthee, onafhanklike ombudsman, gesê.

Geordin Hill Lewis het opgemerk: “Korrupsie het ’n gat in Suid-Afrika se hart gevreet. Ons moet almal ferm optree om die integriteit van die staat te bou. In Kaapstad wil ons hê dat elke inwoner volle vertroue moet hê dat hul openbare geld wys en eerlik bestee sal word. Daarom onderteken ons graag die belofte.”

Unashamedly Ethical is ‘n wêreldwye beweging van individue en organisasies wat gelei word deur ‘n grondliggende visie om die samelewing te transformeer deur ‘n standpunt in te neem vir etiek, waardes en ’n rein lewe. Die doel van hierdie beweging is om ‘n onbeskaamde etiese kultuur onder hierdie generasie leiers asook die volgende geslag se leiers te ontwikkel, en om leiers en nasies te transformeer deur die praktyk van etiek, morele waardes effektief te verbeter en etiese gedrag die norm in alle sfere van die samelewing te maak.

Klik hier (joynews.co.za) om die volledige artikel te lees.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 22/09/2023
Foto’s verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here