Artikelbron: Artikel verskaf
Die Sportboek, LUISTER God se stem in my lewe | LISTEN God’s voice in my life vol getuienisse van Christen-sportmanne en -vroue in Suid-Afrika, het ook geskiedenis gemaak as die enigste in Suid-Afrika wat van QR-kodes gebruik maak aan die einde van elke hoofstuk.
Nadat die leser die hoofstuk gelees het, kan die QR-kode met ’n slimfoon geskandeer word om na ’n verdere agt tot vyftien minute lange onderhoud met die betrokke sportster te kyk. Dit bied die unieke geleentheid vir die sportster om sy/haar persoonlike ervarings in hulle eie woorde met die leser te deel. Wat hierdie QR-kode beteken, dit is ’n boek binne ’n boek!
Dit is ook hierdie slim gebruik van tegnologie wat die leser toelaat om emosionele oomblikke of ’n skaterlag met die sportster te deel – want almal maak hart oop en praat oor persoonlike laagte punte, uitdagings, pyn en teleurstelling, maar ook van deurbrake, nuwe insigte en ’n vars openbaring van wie God hulle vader is.
Die skrywer, Karien Basson van God in Sport, vertel die passievolle stories van 40 verskillende sportsterre. Hierdie boek is vir elkeen wat al die een of ander tyd aan homself en die genade van ‘n lewende God getwyfel het.
Kyk gerus na hierdie video waar van die sportmanne en vroue wat in die boek hulle getuienis lewer die Bokke aanspoor vir die naweek se wedstryd, onder meer Swys de Bruin.
LUISTER God se stem in my lewe | LISTEN God’s voice in my life
#LUISTER God se stem in my lewe | #LUISTER God se stem in my lewe is beskikbaar by www.joygifts.co.za
Dit is ook beskikbaar by CUM Books, Bargain Books, Exclusive Books en Wordsworth Books. Dit is ook aanlyn by Takealot, Amazon, Barnes & Noble, en www.godinsport.com.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 22/09/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.