Geskryf deur: Christ for all Nations
Artikelbron: JUIG! Tydskrif 

Het die Here met jou gepraat om siele vir Jesus te wen? Wil jy groei en volwassenheid in jou geestelike lewe ervaar? Wil jy ’n doeltreffende sielewenner word, wat meer mense tot bekering bring as wat jy ooit sou kon droom? Spits jou geestelike ore!

Christ for all Nations (CfaN) is verheug om aan te kondig dat die CfaN School of Evangelism (SOE) in Augustus na Johannesburg toe kom!

Tydens die agt weke lange CfaN School of Evangelism lei ons evangeliste op, rus hulle toe en ontplooi hulle. Ons is op hierdie einste oomblik op soek na ’n beperkte aantal studente vir keuring vir hierdie revolusionêre opleiding in Johannesburg, Suid-Afrika.

Om jou lewe af te lê
Die CfaN SOE is nié vir die wat lafhartig is nie. Dit is vir dié wat gereed is om hulle lewens ter wille van die Evangelie van Jesus Christus neer te lê. As jy aanvaar word as een van die School of Evangelism-studente, sal jy persoonlik opgelei word deur evangelis Levi Lutz en voorstelinie evangeliste van CfaN wat nie net bedrewe is in lering en evangelisasie nie, maar ook aan die brand is vir die Here.

’n Voltydse onderneming
Dit gaan intense en gefokusde opleiding wees, want die tyd is min en ons benodig arbeiders vir die oes. Dit is ’n voltydse onderneming wat sal vereis dat jy vir die duur van die opleiding in Johannesburg moet tuisgaan.

Sluit af op ’n hoogtepunt
Studente moet die twee weke lange plaaslike inisiasie-uitreik in die sendingveld suksesvol voltooi en slaag om te kan gradueer. Gedurende hierdie twee weke sal duisende siele na Jesus toe kom danksy die kinder-evangelisasieveldtogte, evangelisasievragmotors, markpleinuitreike, een-tot-een-uitreike en vele ander vorme van evangelisasie.

Dit is ’n lewensveranderende geleentheid! As God met jou hart praat, as jy geroep is om ’n evangelis te wees … gryp dan jou roeping aan en doen vandag nog aansoek.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 04/06/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here