Geskryf deur: Solidariteit Helpende Hand
Artikelbron: Artikel verskaf 

Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut het Donderdag 9 November ’n suksesvolle Aand van Legendes met Hande wat Help by Sol-Tech in Monumentpark gehou. Die aand is spesifiek gehou om fondse in te samel vir die opleiding van geakkrediteerde versorgers en het ’n bedrag van meer as R1 miljoen opgelewer.

Prominente sportsterre soos Vanes-Mari du Toit, Fourie du Preez, en Heinrich Ollie Terblanche het die aand spesiaal gemaak met hul teenwoordigheid en gaste met hul betrokkenheid geïnspireer.

Gian Groen het as gaskunstenaar opgetree en Jaco van Dyk was die aanbieder.


Fourie du Preez en Vanes-Mari du Toit.

Hannes Noëth, die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het die geleentheid as ‘n groot sukses bestempel en sy dank uitgespreek teenoor almal wat bygedra het. “Versorg ‘n versorger – dit was die bedoeling van vanaand se funksie! Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut as deel van Helpende Hand het vanaand hande gevat met legendes. Dit was ‘n besonderse aand vol motivering en inspirasie,” het Noëth gesê.

Die fondse wat ingesamel is, sal gebruik word om die tekort aan bekwame versorgers in Suid-Afrika aan te vul. Met die Opleidingsinstituut wat reeds meer as 100 versorgers opgelei het, poog Solidariteit Helpende Hand om in die aanhoudende vraag na versorgers vir kwesbare mense en bejaardes in tehuise te voorsien.


Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut het Donderdag ‘n fondsinsamelingsaand gehou en meer as R1 miljoen ingesamel.

Die aand het nie net op die gemeenskap se bydraes gesteun nie, maar ook op borge soos Solidariteit en die Virseker Trust. Solidariteit het R700 000 geskenk en die Virseker Trust R200 000.

Solidariteit Helpende Hand bly toegewyd aan die ontwikkeling en versterking van gemeenskappe. Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut sien uit na die groei van hul geakkrediteerde opleidingsprogram in die komende jaar en bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning tot dusver.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het die aand as ongelooflik beskryf. “Dit is ‘n voorreg om te weet daar is meer as ‘n miljoen rand beskikbaar om ons versorgers te versorg,” het hy gesê.

Besoek gerus die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut se webwerf by www.helpendehandopleiding.co.za om ‘n bydrae te lewer.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 14/11/2023
Foto’s verskaf: Sportsterre soos Heinrich Ollie Terblanche en Vanes-Mari du Toit (voor) saam met Fourie du Preez, Jaco Nel, Hannes Noëth en Johan Nel van Helpende Hand.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

1 COMMENT

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here