Geskryf deur:
Artikelbron: christian.org.uk 

Die Rugbywêreldbeker-wenner Siya Kolisi het openlik oor God getuig nadat Suid-Afrika die
kompetisie vir ’n vierde keer gewen het.

Die Springbokke se kaptein het ná die span se agtereenvolgende oorwinning van 2019 en 2023 op
Instagram daarna verwys met die woorde: “Dieselfde God”. In die foto’s is die naam Jesus duidelik
op die pleister om sy pols geskryf terwyl hy na bo wys en die Webb Ellis-beker omhoog hou.

Bruce Nadin, die nasionale direkteur van sport kapelane in Suid-Afrika, het met Premier gepraat: “Sy
[Siya] se groei as ‘n dissipel van Jesus is wonderlik. Dit is so maklik om op die veld uit te draf en te sê:
‘Ek gee al die eer aan God …’ ensovoorts, ensovoorts wanneer jy wen. Wat ek egter van Siya kan sê,
is dat hy opreg probeer om sy geloof uit te leef.”

‘Identiteit in Jesus’
Voor die koronaviruspandemie het Kolisi ’n reeks geleenthede vir sportspelers bygewoon waar hulle
kon byeenkom om God te aanbid sonder vrees vir druk vir foto’s en handtekeninge.

Nadin sê: “Ek dink hy het dit geniet om net te kom en dat die fokus op Jesus was.”

Die kapelaan het gewaarsku dat Christene nie atlete bo Jesus moet verhef nie en dat hulle moet
onthou dat die sportsterre ”gewone, alledaagse pelgrims is wat probeer uitwerk wat dit beteken om
Jesus te volg”.

“So ek sou sê, bid vir hulle. Bid dat hulle nie hul identiteit hoofsaaklik sal vind in hul prestasies of in
wat mense oor hulle sê, of in hul sterstatus of in wat hulle besit nie. Maar dat hulle dit sal vind in die
persoon van Jesus.”

‘Vrede’
Kolisi het as kind die kerk bygewoon en as ’n Christen geïdentifiseer, maar in 2019 het sy vrou hom
oorreed om ’n Christen-mentor te kry, wat vir hom gesê het: “Siya, jy drink baie, jy het flirtasies met
vroue, jy gaan na ontkleeklubs. Jy praat op sosiale media oor jou geloof in Christus, maar jy lieg vir
jouself en al die ander mense.”

Siya getuig: “Hierna het ek besef ek lewe nie volgens wat ek verklaar ek is nie: ’n volgeling van
Christus. Ek het oor die weg gekom, maar ek het [in daardie stadium] nog nie besluit om myself ten
volle aan Jesus Christus oor te gee en volgens sy weg te lewe nie.”

“Ek het geweet ek moet óf my lewe verander óf alles verloor. Ek het besluit om my lewe te verloor
en dit in Christus te vind”.

“Hierdie nuwe lewe het my vrede in my hart gegee wat ek nog nooit tevore ervaar het nie. Noudat
ek alles vir God gegee het, raak niks anders my nie. Ek lewe en speel nou met die vryheid om te weet
sy plan sal altyd geskied – en aan op die ou end is dit al waaroor ek omgee!”

Tennis
Nog ’n sportster wie se lewe getuig van haar Christelike geloof is die tennisspeler, Coco Gauff. In
September het sy as een van die wêreld se voorste tennisspelers in dankbare gebed gekniel nadat sy
die jongste speler geword het wat die Amerikaanse Ope sedert 1999 gewen het.

Gauff, ’n lid van die Saint John Missionary Baptist Church in Florida, het haar eerste Grand Slam-titel
gewen deur Aryna Sabalenka, die wêreldnommereenspeler, in die eindstryd te verslaan.
In ’n onderhoud met Today het die 19-jarige verduidelik dat toe sy op die baan gekniel het “het ek
net dankie gesê. Ek het verstaan dat al die moeilike tye net daar was om daardie oomblik nog soeter
te maak. Ek dink as dit maklik gekom het, sou ek dit nie so waardeer het soos op daardie oomblik
nie.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 13/11/2023
Foto: www.instagram.com/siyakolisi

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here