Artikelbron: www.ksb.org.za
Die KwaSizabantu Sending bied op Sondag, 23 Junie 2024 ‘n Dankseggingsgeleentheid by sy sendingstasie in Kranskop, KwaZulu-Natal, aan. Die geleentheid sal 50 jaar van jeugkonferensies herdenk. Vanjaar word die Jeugkonferensie van 19 – 25 Junie 2024 gehou, met die Dankseggignsdiens as die hoogtepunt van die feesvieringe.
Sedert 1974 het die KwaSizabantu Jeugkonferensie vinnig toegeneem in populariteit, met duisende kinders en jongmense wat hierdie uitsonderlike geleenthede oor die jare bygewoon het. Elke geleentheid het temas soos Wees sterk in die Here, Kom ons lig Jesus Hoër, Wat vloei uit jou uit? … Hierdie jaar is die tema afgelei van 1 Kronieke 16:8, wat ons herinner om ‘Sy dade onder die mense bekend te maak’.
Die program is stampvol en uitsonderlike sprekers is genooi om insiggewende boodskappe met die jongmense te kom deel. Drie dienste sal daagliks in die ouditorium aangebied word, behalwe op Sondag, 23 Junie, wanneer slegs die Dankseggingsdiens gehou sal word. Dienste sal daagliks deur die Sending se gemeenskapsradiostasie, Radio Khwezi, gestroom word en meer inligting oor die stromings sal geredelik beskikbaar wees op die amptelike webwerf, www.khwezi.org.za.
Lidia Dube, ‘n senior bestuurder en trustee van die Sending, het die grondslag vir die jeugkonferensie gelê toe sy vyftig jaar gelede haar getuienis en die evangelie met klein groepies jongmense begin deel het. Die klein samekomste het vinnig tot ‘n groter gebeurtenis gegroei toe ouers uit die gemeenskap haar gevra het om ook hul kinders in te sluit. Dit het aanleiding gegee tot die jaarlikse jeugkonferensies. Tans word twee jeugkonferensies twee keer per jaar gehou en dit word goed bygewoon.
Die impak van die KwaSizabantu Jeugkonferensies is groot en uiteenlopend. Dit het ‘n noodsaaklike katalisator geword om siele vir die Koninkryk te werf. Dit help ook jongmense met ernstige probleme en verslawings. Die Concerned Young People of South Africa (CYPSA)-program het sedertdien uit die jeugkonferensies ontstaan om ernstige sosiale probleme soos verslawing, molestering en mensehandel te hanteer. Tot dusver het die organisasie meer as 20 000 jongmense gehelp wat met verslawing en ander probleme sukkel. CYPSA besoek ook skole en gevangenisse om bewustheid te skep vir dwelms en ander verslawings.
Ons leef in moeilike tye, en die aanvalle op kinders en jongmense word by die dag erger. Sonder standvastige rolmodelle is dit soms onmoontlik vir kinders om sonder ekstra hulp tot volwaardige en gelukkige volwassenes te groei. Die KwaSizabantu Jeugkonferensie doen ongelooflike werk onder die jongmense en vervul sy visie om geestelike en fisiese bystand te verleen aan diegene wat in nood verkeer.
Kontakbesonderhede:
Vervoer – 069 875 1658 / Ontvangs – 032 481 5727 / Webwerf: www.ksb.org.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Foto’s verskaf
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.