Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Die Suidoosterfees is ’n skouspelagtige fees van uitvoerings, drama en musiek wat elke jaar duisende mense uit die Kaap na die Artscape-teater laat stroom. Vanjaar was Radio Kaapse Kansel 729AM een van die trotse borge van die Gospelkonsert! Dit was ’n spesiale geleentheid om byeen te kom en in dankbaarheid geestelike samesyn te deel.


Van links na regs: Bishop Manuel, Wanda Bam, Susan Moss en Hannelie van Wyk

Kaapse Kansel op die verhoog
Kaapse Kansel was nie net ’n borg van die spesiale geleentheid nie, maar twee van sy eie aanbieders was ook op die verhoog.

Phillipine Morkel, die aanbieder van die gewilde Koffidate-program, en die Ontbyt-aanbieder Almarie du Preez was op die verhoog te sien met ’n uitmuntende vertoning van eie komposisies en bekende gospelmusiek.

Hulle het die mense saam met plaaslike kunstenaars laat sing en in God se teenwoordigheid laat dans. Phillipine het met haar baie spesiale lied vir ma’s menigeen na ’n snesie laat gryp omdat dit so eerlik die hart van ’n biddende moeder beskryf het.

Almarie het die bekende “I speak Jesus” gesing en die gehoor het spontaan saam gesing en verklaar dat daar hoop is vir gebroke gesinne, jongmense en generasies.

Jesus bo alles!
Radio Kaapse Kansel se opdrag vir 2024 aan die stasiebestuurder, Wanda Bam, was duidelik – Jesus bo alles! “Wanneer ons moderne samelewing so gekonfronteer word met die kompleksiteit van politiek, gesinsgeweld, sosio-ekonomiese uitda-gings en swaarkry, word die eenvoud van die Evangelie nie altyd as die enigste oplossing gesien nie. Die humanistiese boodskappe wat ons dikwels hoor, dra nie meer die boodskap van sonde, berou, vergifnis en oorvloed lewe nie. Daar is nie ’n kortpad of “verligte pad” na verlossing nie. Dit is en bly net JESUS,” sê Wanda.

Om gemeenskappe te dien
Vir Kaapse Kansel en sy luisteraars sal hierdie kernboodskap altyd sentraal staan in dit wat hy op die radio en in gemeenskappe verkondig. Vat hande en maak Kaapse Kansel sterk om hierdie boodskap net al hoe duideliker en met liefde en genade oor te dra. Kaapse Kansel is daar om gemeenskappe te dien.

Vat hande met Kaapse Kansel
Indien jy graag op hoogte wil bly van alle damesgeleenthede wat deur Kaapse Kansel aangebied word of moontlik ’n donasie wil gee om die projekte te bevorder, stuur jou navraag na info@kaapsekansel.co.za. Besoek gerus ook die webtuiste, kaapsekansel.co.za.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 20/06/2024
Foto’s verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here