Geskryf deur: ICEJ Suid-Afrika
Artikelbron: Artikel verskaf
Nou is die aangewese tyd om op te staan en te verseker dat jou stem gehoor word! Sluit aan by die ICEJ-gebeds- en proklamasiebyeenkomste waar die Bybelse beloftes aangaande Israel verklaar sal word en daar vir Israel en Suid-Afrika gebid sal word.
Wanneer en waar?
Kaapstad: Sondag, 12 Nov. 2023 om 14:30 by die Seepunt-promenade, vergader by die Mandela-sonbrille
Pretoria: Sondag, 19 Nov. 2023 om 14:30 by die Uniegeboue
“Stilswye in die aangesig van boosheid is self boos: God sal ons nie onskuldig verklaar nie. Om nie te praat nie, is om te praat. Om nie op te tree nie, is om op te tree.” – Dietrich Bonhoeffer
Hou asseblief beide hierdie geleenthede in jou gebede van nou af asook tydens die geleenthede.
Vir meer inligting besoek www.tshwane.org/ct
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 08/11/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.