Geskryf deur: Errol Naidoo
Artikelbron: familypolicyinstitute.com
Dr. Whitney Rosenberg, die senior lektor by die fakulteit regsgeleerdheid aan die Universiteit van Johannesburg, het Family Policy Institute (FPI) se bystand versoek om wetgewing in die parlement goedgekeur te kry wat die groeiende euwel van pasgebore babas wat agtergelaat word, sal voorkom.
Dr. Rosenberg is die medestigter van Baby Savers South Africa, ’n organisasie sonder winsbejag wat dienste soos babamandjies en veilige hawes verskaf om te verseker dat verlate pasgebore babas gered kan word.
Dit is tragies dat Baby Savers SA onlangs ’n opdrag van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling ontvang het om hulle in te lig dat die “praktyk van Baby Saver-mandjies, -strukture en -dienste onwettig is” en dat alle dienste onmiddellik gestaak moet word en in die provinsie gesluit moet word.
Dr. Rosenberg stel voor dat die parlement wetgewing wysig om te verseker dat babaverlating ’n misdaad bly, maar dat die wet gewysig word sodat veilige oorhandiging toelaatbaar is – as ’n baba veilig in ’n struktuur geplaas word vir verlate babas, sonder tekens van mishandeling, moet dit NIE neerkom op kindverlating nie.
Die oogmerke van die Baby Savers-wetgewing is om die onveilige verlating van babas te voorkom en dus sterftes te voorkom. Babas wat aanvanklik deur desperate moeders verlaat word, kan later dan teruggeëis word wanneer die moeders se omstandighede verbeter het of die babas kan vir aanneming in gesinne geplaas word.
Sy voer aan: “Suid-Afrikaanse wetgewing is suiwer reaktief in sy benadering tot kinderverlating. Dit straf die misdaad sonder om ’n veilige alternatief te verskaf – niks om onveilige verlating te voorkom nie.
“Die Kinderwet 38 van 2005, die Algemene Regswysigingswet 46 van 1935 en die Strafproseswet 51 van 1977 maak dit ’n kriminele oortreding om ’n geboorte weg te steek of die baba te verlaat.
“Hierdie bepalings weerhou moeders egter nie daarvan om hulle babas onveilig te verlaat nie. Trouens, ons weet dat getalle styg. Baie min vroue word ooit suksesvol vir hierdie misdaad vervolg. Die misdaad van verberging van geboorte kan nie geïmplementeer word waar ’n baba in ’n oop veld, vullishoop of sypaadjie gevind word nie. Die wet is dus ondoeltreffend.”
Lees die res van die artikel by joynews.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 08/11/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit www.facebook.com/BabySaversSA
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.