Artikelbron: evangelicalfocus.com

 

In die nasleep van die aanvalle van 7 Oktober op Israel, was daar ’n oplewing van anti-Semitisme in Europa wat die Europese Evangeliese Alliansie aangespoor het om ’n beroep te doen vir optrede.

Volgens hulle weerspreek die opkoms van anti-Semitiese sentimente die beginsels van die Christendom en druis dit teen God se leringe in. Die alliansie beklemtoon dat ondanks historiese beskuldigings teen Jode, hulle God se uitverkore volk is en ’n betekenisvolle doel in God se plan dien.

Die Alliansie bestempel anti-Semitisme as ’n geestelike euwel wat poog om God se plan vir die mensdom se verlossing, waarvoor Hy sy Seun gestuur het, te belemmer.

Om hierdie haat te bekamp, verskaf die alliansie praktiese voorstelle vir Christene. Hulle moedig gelowiges aan om verhouding met die Joodse gemeenskap te bou, in solidariteit teen anti-Semitiese aanvalle te staan en God se boodskap van liefde met respek en deernis met almal te deel, insluitend Jode.

Verder doen die alliansie ook ’n beroep op optrede teen anti-Moslem-haat en pleit vir deernis, geregtigheid en dialoog. Hulle benadruk hoe belangrik dit is om Moslems te bevriend, om hul integrasie in die Westerse samelewing te help en ondersteuning te bied aan diegene wat van Islam na die Christendom bekeer het. Die alliansie beklemtoon die behoefte vir die Kerk om hierdie bekeerlinge hartlik te verwelkom.

Die Europese Evangeliese Alliansie hoop dat hierdie riglyne evangeliese Christene in Europa sal inspireer om te reageer op die toename van haat en nood wat hulle Joodse en Moslem-naastes tans ervaar.

Die alliansie het ook daarop gewys dat hierdie situasie juis geleenthede skep vir missionale uitreike.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 09/11/2023
Foto slegs ter illustrasie: pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here