Geskryf deur: Truth and Science Forum (TAS)
Artikelbron: Artikel verskaf
Die Truth and Science Forum (TAS) se jaarlikse Skeppingsleertoer na Sutherland vind vanjaar weer vir die eerste keer plaas ná die inperking.
Die toer, wat vanaf 29 September tot 1 Oktober sal duur, sluit vanjaar ’n fossiel-besigtigingstoer en sterrekyk by Rogge Cloof privaatnatuurreservaat in, asook ’n besoek aan die platorand by Blesfontein.
Daar gaan ook kort ondersteunende lesings aangebied word deur ervare sprekers oor bewyse vir die skepping, die Genesis-vloed, dinosourusse, die gevare van die evolusieteorie.
Die hoofdoel van die toer is om die Genesis-weergawe van die vloed as histories en wetenskaplik korrek te bevestig, om die waarheid en gesag van die Bybel as God se Woord te bevestig en ook om beter begrip rondom die grootheid en soewereiniteit van God te vestig deur te fokus op die wonders van Sy skepping.
REËLINGS
Die toer begin op 29 September (eie vervoer en registrasie tussen 14:00-17:30). Verblyf is in pragtige selfsorgeenhede by Rogge Cloof, buite Sutherland. Die eenhede is loopafstand van mekaar. Loer gerus by www.roggecloof.com.
KOSTE
Die koste beloop R1 700 per persoon (R1 000 deposito om jou plek te bespreek en restant voor 30 Augustus 2023).
Die koste sluit etes en verblyf vanaf Vrydagaand tot Sondagoggend, toegangsfooie, fossielbesigtiging, gidse en sterrekyk in.
Beperkte plek beskikbaar, bespreek dus vroegtydig.
NAVRAE
Vir meer inligting rakende die toer of vir die inskrywingsvorm, stuur asseblief e-pos aan info@tasforum.org of laai die inskrywingsvorm by www.tasforum.org af.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 02/08/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








