Artikelbron: de NOS 

Volgens de NOS word 41 mense in Kenia vervolg vir hulle aandeel in die hongerkultus wat tot die dood van ten minste 410 mense gelei het. Onder die aangeklaagdes is ouers en grootouers van kinders wat gesterf of verdwyn het. Die aangeklaagdes is van ’n skuiling, waar die oorlewendes versorg is, na die tronk oorgeplaas. Hulle word verdink van moord of manslag, kinderverwaarlosing en radikalisering.

Die dooies word beskou as volgelinge van die Good News International Church-sekte. Hulle sou oortuig gewees het dat hulle Jesus gaan ontmoet as hulle hulself verhonger . Die grafte is in ’n woud naby die kusdorpie Malindi ontdek. Kultusleier Paul Mackenzie is kort ná die ontdekking in hegtenis geneem en het toe self op ’n hongerstaking gegaan.

Die gemeenskap word as ’n kultus geklassifiseer. Mackenzie het na bewering die lede versoek om tot in so ’n mate te vas dat die dood sou volg. Volgens Mackenzie sou die wêreld op 15 April vergaan het. Wanneer mense dan ’n hongerdood gesterf het, sou die uiteindelike beloning volg in die vorm van ’n ontmoeting met Jesus en ’n plek in die hemel.

Hoewel die meeste kultuslede aan hongersnood gesterf het, het die Keniaanse polisie in Mei aangekondig dat slagoffers ook verwurg, geslaan of versmoor is. Dit het deur lykskouings ʼn aantal liggame se organe het ontbreek.

In April het die Keniaanse owerhede, by monde van die Keniaanse minister van buitelandse sake, Kithure Kindiki, aangekondig dat godsdiensinstellings strenger gemonitor sal word om sulke dramas te voorkom.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 02/08/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here