Geskryf deur: Errol Naidoo Artikelbron: Family Policy Institute
Die gesin en die kerk is onontbeerlike en noodsaaklike instellings wat God ingestel het om die gesondheid, welsyn en bestendigheid van nasies te verseker. Wanneer gesinne ineenstort en die Kerk in gebreke bly om sy primêre rol in die verkondiging van die suiwer Woord van God te verkondig, ly die samelewing die gevolge daarvan. Die ongekende morele ineenstorting van die Westerse samelewing getuig hiervan.
Die bekende teoloog, Steven J. Lawson, bevestig in sy boek, Called to Preach, “In every generation the Church of Jesus Christ rises or falls with its pulpits. When the pulpit is strong, the Church is strengthened, and her witness to the world is fortified. But when the pulpit is weak, the Church languishes in spiritual listlessness, and society suffers for it.”
Daar is geen uitsonderings hierop nie.
Drie rolprente wat onlangs in Amerika uitgereik is, beklemtoon die onontbeerlike rol van die noodsaaklik gesin en die noodsaaklike kerk. Die rolprent, Sound of Freedom, het ’n sterk pro-gesins-tema. Die boodskap is: Om die onskuld van kinders te verdedig is ouers noodsaaklik, tradisionele gesinne fundamenteel en ware mans onontbeerlik. Hollywood en die media het natuurlik die spot gedryf met hierdie tema.
In skerp kontras hiermee het die Hollywood-treffer, Barbie, lofwaardige resensies van dieselfde linkse media ontvang omdat die boodskap daarvan is dat “mans nutteloos is, die tradisionele gesin irrelevant is, dat die essensie van ’n vrou haar fisieke skoonheid is en dat die toekoms feministies en seksueel divers is.”
Die dokumentêre rolprent, The Essential Church is onlangs by die Grace Community Church in Los Angeles vertoon. Dit beskryf die tirannieke pogings van die Amerikaanse en Kanadese owerhede om kerke tydens die Covid-19-pandemie te sluit, met verwysing na ’n ongegronde openbare gesondheidskrisis en verwronge mediese feite – terwyl casino’s en ander nienoodsaaklike besighede kon voortgaan.
Die leierskap van die kerke wat in hierdie dokumentêre rolprent verskyn, het almal besluit om God eerder as die mens te gehoorsaam en het hulle kerke oopgehou om in die behoeftes van hul gemeentelede te voorsien, ondanks dreigemente van skynheilige owerhede. Twee pastore is tronk toe gestuur. Die Kerk het egter sy man gestaan en uiteindelik geseëvier.
C-Fam se Stefano Gennarini berig, “sedert die stigting van die Verenigde Nasies (VN), het internasionale reg en beleid die noodsaaklike rol van die huwelik en die gesin erken as die ‘natuurlike en fundamentele eenheid van die samelewing’.” Gennarini se Definitions-dokument evalueer die voortdurende veldtog deur Westerse lande om die gesin internasionaal te herdefinieer en om homoseksuele verhoudings gelykstaande te maak aan die huwelik tussen ‘n man en ‘n vrou.” (Die ANC-regime het dit reeds gedoen).
“Die afgelope drie dekades lank het Westerse lande en die internasionale agentskappe, wat hulle befonds en grootliks beheer, hard gewerk om die definisie van die gesin in internasionale menseregtewetgewing te ondermyn met die doel om homoseksuele verhoudings gelyk te stel aan die gesin. Die vernaamste manier waarop daar gepoog word om dit te doen, is om die frase “die gesin kan verskeie vorme aanneem ” by die VN-resolusies in te voeg. (Dit is egter nooit deur die VN se Algemene Vergadering aanvaar nie).
Die VN, bygestaan deur Amerika die Europese Unie, Engeland en ander Westerse regerings, werk daaraan om beide die natuurlike gesin en die Bybel-gelowige Christelike kerk te ondermyn. Die wêreldwye aborsie- en LGBTQ-agenda is die primêre metode om die gesinseenheid af te breek en die kerk se sentrale boodskap van bekering van sonde en geloof in Jesus Christus af te maak.
Die huwelik tussen ’n man en ’n vrou is ’n hoeksteeninstelling van die samelewing. Die gesin is die basis van elke sterk, gesonde en welvarende samelewing. Die Kerk van die lewende God is die pilaar en grondslag van die waarheid. Die Christelike morele kode is die enigste etiese stelsel wat in staat is om die gesin en die samelewing te onderhou en daarom word dit genadeloos aangeval.
Die natuurlike gesin verteenwoordig God se bloudruk (en grense) vir menslike seksualiteit. Dit verteenwoordig ook die enigste omgewing waarin kinders grootgemaak moet word. Wanneer monogame, heteroseksuele huwelike en die natuurlike gesin gevolglik herdefinieer word om onnatuurlike seksuele verbintenisse in te sluit en te bekragtig – word God se bloudruk vir die gesin ontheilig.
Dít is egter die primêre doel van die globale seksueleregtebeweging. Om alle morele beperkings op menslike seksuele gedrag uit te skakel en totale seksuele vryheid te verskans. Wat beteken dat elke verdorwe en losbandige seksuele praktyk as ‘n mensereg bekragtig moet word. Gevolglik word pedofilie en ander seksuele afwykende gedrag as sosiaal aanvaarbaar geag.
Hollywood en die liberale hoofstroommedia haat die boodskap van Sound of Freedom omdat dit die lig laat skyn op pedofiliese netwerke en bande met kindersekshandel. Dit haat ook die boodskap van The Essential Church omdat ’n Kerk wat weier om aan staatsbeheer te onderwerp en daarop aandring om God te gehoorsaam, ’n bedreiging vir die totalitêre doelwitte van die seksueleregtebeweging is.
Die gesin en die Kerk staan onwrikbaar teen die diaboliese agenda van VN-agentskappe en Westerse regerings. Die gesin en die kerk is regerende instellings wat deur God gevestig is as ’n skans teen die vergrype van tirannieke regerings.
Die natuurlike gesin wat geanker is deur ’n Christus-gesentreerde huwelik wat God verheerlik, ondersteun deur ’n Christus-gesentreerde kerk wat met vrymoedigheid die suiwer Woord van God verkondig, is ons enigste hoop om die bedreiging wat deur die globale seksuele regte beweging inhou, bloot te lê en te oorwin.
Dit is tyd om beide die gesin en die Kerk toe te rus en te versterk vir die kritieke taak wat voorlê.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 06/03/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit: www.freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.