Artikelbron: Artikel verskaf
Radio Tygerberg 104FM gaan nuwe betekenis gee aan die uitdrukking, “Local is lekker” met die splinternuwe musiekproduksie, MOVE. Kunstenaars soos Neville D, Rouchelle Liedemann, Janine Price en Patrick Duncan is van die kunstenaars wat op 21 Oktober by GrandWest Arena te sien sal wees vir die eerste MOVE-konsert.
“Ons wil ’n geleentheid bied vir Kapenaars om goeie, plaaslike musiektalent in ’n topklasproduksie te geniet,” vertel Hardus Zevenster, die hoof- uitvoerende beampte van die Bloudruk Groep wat onder meer Radio Tygerberg 104FM en GrootFM 90.5 insluit.
“MOVE is nie net nog ’n vertoning nie, maar ’n unieke aanslag om bekende plaaslike en internasionale gospelmusiek te kombineer soos dit nog nooit vantevore ervaar is nie.”
Rikus van Rooy, Radio Tygerberg 104FM se programbestuurder deel ook sy opwinding rondom die nuwe musiekproduksie. “Ná vele jare van die suksesvolle Gospel Skouspel-konserte is dit tyd om ’n nuwe baadjie aan te trek. Ons aanslag is vars, modern en oorspronklik vir die Kaapse gehoor. Ons luisteraars geniet bekende plaaslike treffers, maar ook internasionale musiek van Kirk Franklin en Maverick City en ons het besluit om ’n produksie saam te stel waar kunstenaars verwerkings van dié musiek doen.”
Van Rooy is veral opgewonde om MOVE ook radio toe te bring met ’n gelyknamige radioprogram wat Saterdagaande tussen 18:00 en 19:00 deur ervare radio-omroepers Gerald Peterson, Rouchelle Liedemann en (’n nuweling agter die radio-mikrofoon, maar geen onbekende in die musiekwêreld nie) Neville D aangebied word. “Move staan vir music, originality, vision en energy. Dít beskryf wat die Move-beweging behels,” sê Van Rooy.
Kaartjieverkope vir die MOVE-konsert open Vrydag, 29 Julie en is beskikbaar by www.iTickets.co.za
of op Radio Tygerberg 104FM se webtuiste. Die konsert begin om 19:00 op 21 Oktober. Sitplekke is beperk en die publiek word aangemoedig om kaartjies so spoedig moontlik te koop.
Vir enige navrae, stuur ’n epos aan janhendrik@104fm.co.za.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 03/08/2023
Foto verskaf
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.