Artikelbron: cvandaag.nl
Die heel eerste vliegtuig het uiteindelik op die splinternuwe aanloopbaan in die dorpie, Cavango in Angola, geland. Dit is ‘n geskiedkundige oomblik, want die gemeenskap wag al 16 jaar lank vir hierdie oomblik.
Die storie het ‘n lang geskiedenis. Die burgeroorlog, wat in 1975 begin het en met tussenposes tot 2002 geduur het, het alles in die streek vernietig. Huise, skole, selfs hospitale. Die Cavango-sendinghospitaal is ook met opset heeltemal vernietig. Ná die oorlog het die stigter van die Cavango-sending, Bob Foster, teruggekeer saam met Brent Mudde. Dit is waar die droom begin het om nuwe lewe in die ou, vernietigde sendingstasie te blaas.
Eers sou ’n klein mediese kliniek in Cavango gebou word. ’n Landingstrook was nodig om die kliniek te voorsien en pasiënte en dokters te vervoer. Die probleem was egter dat die voorgestelde ligging vir die aanloopbaan vol miershope was en dit het ’n uitdaging ingehou. Die inwoners van die dorp het saam met die pastoor en hospitaalpersoneel ingespring en hard gewerk om dertien groot termiethope te verwyder.
MAF (Mission Aviation Fellowship) het ’n stootskraper en ‘n operateur verskaf om die konstruksie van die aanloopbaan te versnel. Die werk het goed gevorder, maar ’n paar maande voor die voltooiing van die projek is dit gestaak weens ontbrekende permitte. Maande het verbygegaan en in jare verander voordat al die nodige dokumentasie gereed was.
Dit sou ʼn verdere sewe jaar duur voordat die aanloopbaan voltooi is. Vrywilligers, sendelinge en MAF was betrokke om die doel te bereik. Die MAF-vlieëniers Brent en Marijn het intussen hulle eerste vlug na Cavango beplan.
Op die dag van toe die aanloopbaan die eerste keer gebruik sou word, het die inwoners opgewonde langs die aanloopbaan gewag. Brent en Marijn het die aanloopbaan vanuit die lug geïnspekteer en bevestig dat dit veilig is. Die eerste suksesvolle landing by die Cavango-landingstrook is met ’n gejuig begroet.
Die vliegtuig D2-WOL, of “Wings of Love,” was gelaai met medisyne en het dringende voorrade aan die dorpie afgelewer.
Pastoor Fermino en die dorpenaars se harte loop oor van dankbaarheid teenoor die Here vir die voltooide landingstrook.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 15/09/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.