Artikelbron: cvandaag.nl

Die Ugandese weermag het ses mense bevry wat verlede week in die bloedbad by ’n sekondêre
skool in Uganda deur Moslem-terroriste ontvoer is.

Minstens 42 mense, insluitend 39 jong leerders, is dood. Drie van die ses bevryde persone is
studente. Die ander drie is ’n vrou met twee kinders wat buite die skool ontvoer is. Twee terroriste is
glo in die redding gedood en daar is ook op verskeie wapens beslag gelê.

Die gru-aanval het verlede Vrydagaand op die sekondêre kosskool plaasgevind. Na bewering was die
leerders besig om gospelliedjies te sing net voordat die terroriste die skool aangeval het. Die kinders
wat so sing, is Iets wat dikwels gebeur voor ons gaan slaap, het Mary Masika in gesprek met die BBC
gesê. Sy woon oorkant die skool en het die kinders hoor sing.

Die sang het skielik opgehou en die kinders het begin gil en skreeu toe die terroriste uit die niet by
die skool ingebars het. Wat gevolg het, is ’n slagting van kinders wat nie ’n kans gestaan het nie. Die
terroriste het sowat 90 minute lank verwoesting in die skool gesaai, kinders lewendig in hulle
slaapsale laat verbrand of hulle met kapmesse en bajonette gedood. Ná die slagting het die
terroriste die Islamitiese slagspreuk “Allahu Akbar” gejou. Volgens ooggetuies was hulle bly dat hulle
“Musevini se land gedestabiliseer het”.

Die geweldenaars behoort aan die Allied Democratic Forces (ADF), ’n terreurgroep wat met die
Islamitiese Staat geaffilieer is en sê dit veg teen die huidige Ugandese president, Yoweri Musevini.
Volgens die ADF sou die president Moslems in die Afrika-land vervolg. Daar is egter geen konkrete
bewyse daarvoor nie.

Plaaslike bronne het daarna berig dat die leerders beide Moslems en Christene ingesluit het. Volgens
Geopende Deure-bronne het die terroriste studente gevra wie Moslem is. Daardie studente sou dan
gespaar word. In die betrokke streek waar die aanval plaasgevind het, woon talle Christene en
Moslems vreedsaam saam. Volgens die BBC was dit duidelik sigbaar tydens die begrafnisse van die
slagoffers wat Sondag plaasgevind het. Beide Christene en Moslems was teenwoordig.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 22/06/2023
Foto: unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here