Geskryf deur: JNS
Artikelbron: worldisraelnews.com

Iran – ’n land wat sy burgers teregstel vir “lasterlike” sosialemedia-plasings – het onlangs die
leierskap verkry oor ’n forum van die Verenigde Nasies (VN) wat menseregte deur tegnologie
bevorder. Nou het die Islamitiese regime in Teheran ook ’n ander invloedryke posisie binne die
internasionale liggaam ontvang. Dit is die posisie van visepresident van die Algemene Vergadering –
wat toegewy is aan bevordering van vrede!

Israel se ministerie van buitelandse sake het dit as “’n skandelike besluit” bestempel.
Die land het verklaar: “Benewens die moord op sy eie burgers, aanvalle op onskuldiges wêreldwyd
en die haas om ʼn kernwapen te bekom met die doel om Israel van die aardbol af te vee, sal Iran nou
in ’n senior VN-posisie dien.”

Die ministerie het daarop gewys dat Iran die eliminasie van Israel voorstaan, al is Israel ’n medelid
van die VN. “Hierdie besluit wat alle logika en rede te bowe gaan, is ’n belediging vir die miljoene
Iraniërs wat betoog vir hulle basiese vryhede. Dit druis ook in teen geregtigheid, vrede en wêreldwye
bestendigheid waarvoor die VN veronderstel is om te staan.”

Israel se premier Benjamin Netanyahu het in ’n kort video gesê: “Ek het al die verslae oor Iran
gehoor. Ek het ’n skerp en duidelike boodskap vir beide Iran en die internasionale gemeenskap:
Israel sal alles in sy vermoë doen om te verhoed dat Iran kernwapens bekom.”
Iran sal in hierdie pos dien vir ’n termyn van een jaar wat op 5 September begin.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 22/06/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here