Geskryf deur: Radio Tygerberg 104FM Artikelbron: Artikel verskaf 

Vanjaar het Radio Tygerberg 104FM besluit om ter viering van sy 30ste bestaansjaar ses matrikulante met die matriekafskeid van hulle drome te verras.


Hoërskool Bernadino Heights-wenner: Bongiwe Sophie

Luisteraars kon vooraf nominasies van behoeftige matrieks instuur. ’n Paneel het deur die nominasies gewerk voordat die matrikulante by hulle skole verras is met onder meer ’n rok of pak, skoene, hare, grimering en ook die kaartjie na die matriekafskeid.

“Dit raak ’n mens se hart as jy sien hoe baie die matrieks dit waardeer,” vertel Rouchelle Liedemann, omroeper en projekkoördineerder by Radio Tygerberg 104FM wat die Matriekafskeidprojek gedryf het. “Ons besef ouers kry swaar en moet sente omdraai. Met dié projek wou ons die las verlig en wys dat ons regtig omgee.”


John Ramsay Sekondêr-wenner: Brett Lyle Johnson

Vir die wenners het die vreugdevure hoog gebrand. “Ek kan dit nie glo nie,” het Chandré Munnik van Hoërskool Tygerberg gesê ná sy as wenner aangewys is. “Ek het regtig nie gedink ek sou ooit my matriekafskeid kon bywoon nie.” Ook Bongiwe Sophie, een van Bernadino Heights se topleerders sou haar matriekafskeid moes misloop as Radio Tygerberg 104FM haar nie gaan verras het nie.

Van die skole waar die Radio Tygerberg 104FM-span gaan draai het, sluit in Hoërskool John Ramsay, Bernadino Heights Sekondêr, Kleinvlei Sekondêr en Hoërskool Tygerberg.


Hoërskool Tygerberg-wenner: Chandré Munnik

“Ons is dankbaar vir ons borge en ook luisteraars wat bydraes gelewer het,” sê Liedemann. “Ons hoop die herinneringe wat die matrieks gaan bou, sal veroorsaak dat hulle ook vorentoe sal soek na geleenthede om uit te reik en goed te wees vir ander.”

Liedemann bedank borge insluitend Just dress it up, Make up by Jasmine, B Styled SA en skoene deur The World Focus Group.

Kyk gerus na die video van die geleentheid:

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 02/09/2023
Foto: Kleinvlei Sekondêr-wenner: Keagan Klaase

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here