Geskryf deur: Lourieke Haller
Artikelbron: JUIG! Nuus

Mission Aviation Fellowship (MAF) het ’n verklaring uitgereik dat die twee Suid-Afrikaanse sendelinge en ’n Amerikaanse sendingvlieënier wat verlede jaar saam gevange geneem is in Mosambiek, vrygelaat is.

Ryan Koher, en Suid-Afrikaanse sendelingvrywilligers Eric Dry en Willem du Plessis, is voorwaardelik uit die tronk in Mosambiek vrygelaat. Die drie is Dinsdagmiddag laat vrygelaat nadat hulle vier maande lank in aanhouding was.

Die drie is op 4 November 2022 in hegtenis geneem terwyl hulle voorberei het om voorrade na weeshuise in die noorde van Mosambiek te neem.

Koher (31), ’n vlieënier vir Ambassador Aviation Ltd. (AAL) wat ’n vennoot van MAF is, is saam met Willem du Plessis (77) en Eric Dry (69) in Mosambiek aangehou omdat hulle daarvan verdink is dat hulle steun aan rebellemagte in die land bied.

Ryan se vrou en kindertjies het soos per MAF se veiligheidsriglyne ná die voorval na Amerika teruggekeer sodat die organisasie en familie beter na hulle kan omsien en hulle kan ondersteun. Ryan het intussen verskeie kere met Annabel en sy twee seuntjies gepraat.

Die mans moet egter steeds in Mosambiek bly en die saak gaan steeds voort.

Die uitvoerende leierskapspan van MAF-US spreek sy dank uit aan almal wat vir Ryan en sy gesin gebid het. “Ons vra vir volgehoue gebed dat die finale resultaat sal wees dat die mans volkome vry sal wees en vrygespreek sal word van enige aanklagte,” lui die MAF-verklaring. “MAF is die howe in Mosambiek dankbaar vir hierdie besluit. Uit respek vir die regsproses in Mosambiek sal MAF op die oomblik geen verdere kommentaar lewer nie.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 17/03/2023
Foto’s verskaf

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here