Artikelbron: cvandaag.nl

Daar is vroeër in die week ’n waarskuwing uitgereik oor ‘n moontlike aanval deur radikale Moslems op kerke en ander plekke van aanbidding. Volgens verskeie Oostenrykse mediabronne is dié kommerwekkende boodskap gegrond op inligting wat deur Oostenryk se intelligensiedienste ontvang is.

Die polisie in Wene het veiligheidsmaatreëls by sekere geboue opgeskerp en die teenwoordigheid van polisiebeamptes in die Oostenrykse hoofstad ook verskerp. Die Weense polisie het dit duidelik gemaak dat daar ‘n “onspesifieke dreigement van ‘n aanval op kerke is,” dit behels ook enige ander plekke van aanbidding.

Gevolglik is wetstoepassingsagentskappe op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas.

Die veiligheidsmaatreëls sal van krag bly tot verdere kennisgewing. In geval van enige konkrete gevaar, het die polisie belowe om die publiek onmiddellik te waarsku. Polisiebeamptes is toegerus met spesifieke aanvalswapens, koeëlvaste helms en baadjies. Hulle monitor die situasie en daar is bykomende kontrole oor padverkeer.

Rooms-Katolieke kerke het besluit om oop te bly, soos ‘n woordvoerder van die aartsbisdom Wene aan The Associated Press gesê het. “Dit is ’n algemene bedreiging. Ons is nie in direkte gevaar nie. Daarom het ons besluit om die kerke oop te hou vir die publiek en met alle beplande kerkdienste voort te gaan.”

Meer as die helfte van die Oostenrykse bevolking is Rooms-Katoliek, wat dit die land se grootste godsdienstige denominasie maak. Boonop is daar kleiner Christelike gemeenskappe soos Lutherse Christene, sowel as immigrantegroepe wat met Ortodokse Christene identifiseer. Daar is ook Moslem- en Joodse gemeenskappe in Oostenryk.

Oostenryk het sy veiligheidsmaatreëls verhoog ná die terreuraanval in Wene op 2 November 2020. Tydens die voorval het Kujtim Fejzulai vier mense gedood en 20 ander in die middel van Wene beseer.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 18/03/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here