Artikelbron: Premier Christian News
Die verwoestende sikloon Freddy het aansienlike skade in die suide van Malawi aangerig. Dit het tot die verlies van 190 lewens gelei en byna 59 000 mense dakloos gelaat weens vloede en grondverskuiwings.
Die regering het in tien distrikte in die suide, wat erg deur die storm geraak is, ’n ramptoestand afgekondig. Soek- en reddingspogings is deur modderstortings belemmer en kragonderbrekings het die land se kragtoevoer lamgelê.
Kerke in die geaffekteerde gebiede het egter ingespring om te help en bied skuiling, kos en emosionele ondersteuning aan slagoffers van die sikloon. Tearfund is ’n Christen-liefdadigheidsorganisasie wat in meer as 50 lande saam met plaaslike kerke en organisasies werk om die komplekse uitdagings van armoede aan te pak. Die organisasie se vennoot, Eagles, staan reeds intern-ontheemdes in Malawi by. Diegene wat geraak word, het al hulle voedselvoorrade verloor. Huise het ineengestort en kombuisgereedskap en kookpotte is deur die vloedwater meegesleur.
Malawi se elektrisiteitsvoorsiening is ook deur die storm lamgelê en die grootste gedeelte van die land gaan onder lang kragonderbrekings gebuk.
Die Wêreld Meteorologiese Organisasie het Freddy as die kragtigste tropiese sikloon tot op hede beskryf.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 19/03/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.