Geskryf deur: Barnabas Aid
Artikelbron: barnabasaid.org/za
Barnabas Aid, ’n Christelike liefdadigheidsorganisasie, is geprys deur oorlewendes van die kragtige aardbewings wat suidelike Turkye en Noord-Sirië in Februarie getref het. Meer as 50 000 mense het in die natuurrampe gesterf, tienduisende is beseer en miljoene het hulle wonings in die ramp verloor.
“Dank die Here vir Barnabas Aid. Hulle het ons ’n bietjie geld gegee en ons voel ons is nou veilig. Ek en my kinders voel ons is beskut.”
Dit is die woorde van ’n Christen-ma in ’n videoboodskap aan Barnabas nadat kragtige aardbewings die suide van Turkye en noordelike Sirië verwoes het.
Die gesin se huis in Aleppo, Sirië, is ook vernietig en hulle moes in ’n motor woon totdat hulle ‘n kamer kon vind om in te skuil. Hulle is dankbaar vir Barnabas wat hulle van broodnodige hulp voorsien het.
Barnabas Aid het binne drie dae ná die eerste aardbewing hulp begin verskaf en 1 500 kosbokse met bestanddele vir voedsame maaltye aan Christen-gesinne in Aleppo uitgedeel. Die gesinne was in desperate nood.
’n Tweede besending hulp het meer kospakkies asook komberse, noodhulptassies met medisyne, en jasse bevat. Dit is aan ontheemde Christen-gesinne in Latakia, Tartous en Hama uitgedeel. Barnabas-hulp het daarop gefokus om hulp te verskaf aan die behoeftigste gesinne waar ’n vrou die hoof van die gesin is en aan diegene wat reeds arm of gemarginaliseer was nog voordat die aardbewings getref het.
Christene wag in ’n kerksaal in Aleppo om hulppakkies te ontvang wat deur Barnabas-ondersteuners geborg is.
In Turkye het die liefdadigheidsorganisasie gehuurde verblyf, komberse, verwarmers en tente verskaf om Christene skuiling te bied teen die bitter koue winterweer. Die hulp het ook kosvoorrade kos en broodnodige daaglikse praktiese items soos doeke, sanitêre doekies, tandeborsels, bababottels en fopspene, klere, tente en slaapmatjies ingesluit.
Barnabas het 30 groot tente geskenk as skuiling vir Christene in Turkye.
Oorlewendes het hul dankbaarheid uitgespreek, met een Siriese ma wat Barnabas bedank het dat sy en haar hawelose gesin weer veilig kan voel. Barnabas Aid gaan voort om te werk om skenkings na lydende Christengesinne in Turkye en Sirië te kanaliseer.
Klik hier om ’n skenking aan Barnabas Fund te maak
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 17/03/2023
Foto’s verskaf
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.