Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Pastoor Raymond Lombard is iemand wat die Groot Opdrag aktief gehoorsaam. Hy preek nie net daaroor nie, maar rol self moue op en raak in die voorste linies betrokke om die Woord te verkondig en dissipels op te lei – van sendingwerk in Afrika-lande tot opleiding van huiskerkleiers in China.
Die Firewall-evangelisasie
Ten tyde van ter perse gaan is pastoor Raymond juis in die Amasone waar hy Firewall-opleiding doen. Die Firewall Project het in 2014 aanvanklik ten doel gehad om ’n vuurmuur (firewall) van God se Gees en genade in Afrika op te rig. Die fokus was op die lande vanaf Senegal tot Ethiopië en suidwaarts na Mosambiek. Die wêreldsending-raad vir Afrika van die Church of God het pastoor Raymond daarna as die koördineerder van hierdie Firewall-projek aangestel en sedert 2016 het die projek tot ’n wêreldwye inisiatief, Global Fire Advance, uitgebrei. Pastoor Raymond is een van die stigterslede van die Global Fire Advance. Hulle doelwit is om evangelisasie, dissipelskap en kerkplanting oral in die wêreld strategies te beplan en te bewerkstellig met spesifieke betrokkenheid in Suid- en Sentraal-Amerika. Tot op hede is strategiese opleiding in Panama gedoen, asook in Chili, Ecuador, Peru en Argentinië. Pastoor Raymond het duisende pastore opgelei in vier groot stede van Indië (Ranchi, Hyderabad, Mumbai en Nieu-Delhi), asook in Suidoos-Asiatiese lande soos Mianmar, Thailand, Viëtnam, Kambodja, Sri Lanka en die Filippyne. Daar sal vanjaar in Oktober en November twee internasionale uitreike na Indië en ook die Filippyne wees asook een plaaslik, in Durban.
BETROKKENHEID BY AKADEMIESE OPLEIDING:
Church of God International Bible College
Pastoor Raymond het in April sy tesis ingehandig vir sy doktorsgraad in missiologie aan die Noordwes-Universiteit en glo dat opleiding van pastore van kardinale belang is, veral in Afrika. Hy is dus baie nou betrokke by die akademiese opleiding van dié pastore. “In baie Afrika-lande het kerke gemiddeld een opgeleide pastoor vir elke 50 kerke! Die doelwit met ons Church of God International Bible College (COGIBC) is om opleiding te bied aan die 93% van die pastore, predikers en evangeliste wat nie voldoende (of glad nie) opgelei is nie en hulle toe te rus met behulp van ’n erkende teologiese, pastorale program,” sê hy oor die Bybelskool wat in 2021 van stapel gestuur is en waarvan hy die visekansellier is. Alle opleiding is aanlyn en is bekostigbaar sodat dit vir almal toeganklik is. Besoek gerus die webtuiste cogibc.com of kontak hulle by info@cogibc.com vir meer inligting.
Koinonia Discipleship Training Academy
Weens sy volgehoue betrokkenheid met sending asook akademiese opleiding van evangeliste en pastore, was pastoor Raymond die voor die hand liggende keuse as vennoot van die Koinonia Discipleship Training Academy, wat verlede jaar deur Hannes Pretorius gestig is. Pastoor Raymond gaan op ’n gereelde basis na die Koinonia-kampus in Mosselbaai om te doseer. Studente van dié dissipelskapsjaar kan reeds krediete verwerf tydens dié diensjaar vir Jesus, ter voorbereiding van verdere studies by COGIBC. Besoek gerus Koinonia se webtuiste koinoniadiscipleship.co.za of stuur ’n e-pos
na info@koinoniadiscipleship.co.za vir meer inligting.
4 850 563
‘VIEWS’ op YouTube
Na skatting 5 miljoen binne enkele weke!
1 400 000
Uur van ‘real viewing time’
Geniet die Woord op YouTube saam met Raymond Lombard:
• Eindtydstudies
• Die boek Openbaring
• God se profetiese horlosie
• Die Hart van die Mens-kaarte
en nog baie meer onderwerpe om van te kies.
raymondlombard.com/youtube
Besoek raymondlombard.com vir boeke, artikels, potgooi-uitsendings en skematiese voorstellings.
Benut Raymond Lombard Ministries se hulpbronne
Pastoor Raymond is onder meer ’n kenner oor die eindtyd en het talle boeke en artikels daaroor geskryf, daar is ook leringsmateriaal hieroor op sy YouTube-kanaal te sien. Besoek gerus Raymond Lombard Ministries se webtuiste raymondlombard.com om sy reeks boeke, artikels en oudio-potgooie oor verskeie onderwerpe te benut.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 24/03/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.