Artikelbron: cvandaag.nl
Die aanbiddingsleier Sean Feucht toer al drie jaar lank deur Amerika met sy beweging (Let Us
Worship) en spoor mense aan om God op die eienaardigste plekke of die mees gesogte
regeringsgeboue te aanbid.
Die Satanic Temple, ’n selfverklaarde ateïstiese organisasie, probeer nou om Feucht se invloed en
uitwerking te beperk en het met ’n teenbeweging vorendag gekom: Let us burn.
Die organisasie probeer al geruime tyd om betrokke te raak op elke gebied waar Christene in
Amerika ook aktief is. Die Satanic Temple (TST) het onlangs probeer om skole, onderrigmateriaal en
naskoolsorg vir kinders te reël, as ’n teenwig vir Christelike skole se onderrigmetodes en kinderklubs
wat in Amerika beskikbaar is.
Dit lyk asof Sean Feucht daarvan hou dat TST nou soveel moeite doen om sy beweging na te boots.
“Die duiwel kan self aan niks dink nie, natuurlik het hulle ons logo ook gekaap. Kennelik spook ons in
die gedagtes van sataniste. Die gesegde lui ook, as iemand iets van jou naboots, is dit die grootste
kompliment wat jy kan kry. Dit spoor my aan, want dit beteken ons het regtig ’n uitwerking in hierdie
wêreld!”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 23/06/2023
Foto: Instagram-bladsy Sean Feucht
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.